Tuesday, December 20, 2016

George Oord – Die Suburban bliss van vakansieoorde

Dit is min dat mens vakansie akkomodasie vind wat jou laat voel dat jy op vakansie is en op dieselfde tyd soos huis voel. George Oord is juis net dit. Met gerieflike kamp spasie, karavaan staanplekke, enkelkamer en dubbelkamer chalets, is hierdie regtig ‘n lekker “home away from home”.


Chalet Nr 9 was ons tuise (Foto LMH)
Die chalet wat ons ingebly het was groot genoeg vir 6, met ‘n dubbelbed in hoofkamer, twee enkel beddens in die tweede en ‘n ‘sleepersofa’ in die TV kamer. Die chaltes het almal TV’s en DSTV (sodat mens nou nie verveeld is op die klein okkasies van reën nie) en die kombuise, al was hy klein, was gerieflik. Ek het net my oond gemis, aangesien ek lief is vir bak, en nog nie die twee plaat bak storie gemeester het nie.

Katrien die pou kom soek haar oggend krummels by ons voordeur
(Foto LMH)



Die oord het ook lekker eienskappe soos vriendelike werkers, gerieflike opruimspanne, ‘n swembad, tramolien en waskamer. Die waskamer het wasgoed doen vir my interesant gemaak omdat hul masjien soos ander laundromats coin operated was, en kon mens jouself verbeel jy is in ‘n Amerikaanse fliek of dalk was dit te veel DSTV. Andertye het ek die wasgoed ingegooi, my wekker op my selfoon gestel en saam met my man na die bosveld TV gekyk (dis nou die braaivuur).

Ek het maklik tuis gevoel tussen die lang bome, middag sonstrale wat deur die blare skyn en baie voëls om na te kyk en te luister. Daar was kort-kort ‘n Piet-my-Vrou wat roep-roep so met sonsondergang, eende wat waggel op perseel asof hulle die plek besit, selfs ‘n Loerie van tyd tot tyd het my oog gevang. Maar my gunsteling by ver is die groep van amper 10-12 poue wat hulself ook hier huisves. Ek het vining van hul begin hou, en hul het vining besef dat ek soggens vir hul krummels uitsit. So slim dat my man sommige oggende as ek laat sluimer my kom wakker maak met ‘n sarkastiese: “Jou kinders kom soek hulle kos.” Ek was vasbeslote dat ek met hul sou click en het my Disney Prinses titel geeis met die dat hul eventueel uit my hand geëet het.

Katrien se mooi man (Foto LMH)
Mens kan nie help om tog geheg te raak aan diere nie, en as jy soos ek is is die reël gewoonlik as hul ‘n naam kry, dan is dit verby. En so het ek dus vir Katrien ontmoet. Katrien was een van die grys vaal wyfie poue, met lang wimpers en was die eerste om uit my hand te peusel. Ons was onmiddelik maatjies. Sy het later ook haar man na ons gebring, die enigste pou met lang, flambojante vere, maar hy wou nie sy biscuit vir ons skut nie. Nietemin het ons wel elke oggend en elke aand lekker gekyk hoe hul saam drom op ons hout stoepie en toe ons vakansie tot einde kom, was ek inniglik hartseer om Katrien te verlaat, want sy het nie omgegee dat die mal tannie op die stoep wat so vrygewig krummels weggee met haar gesels nie.

Stoute apie (Foto LMH)


Wie ek nou wel nie meer vriende gemaak het nie is die apies. Vervetapies swaai soggens en saans deur die bome of soek na kos, maar as jy my vra soek hul net moeilikheid. En ek is 100% oortuig ek was geteiken, want hul het my brood gesteel wat vir de poue bedoel was, amper met ‘n koekiebak weggeglip, elke oggend moddervoetjiespore op my kar venster gelos en my waansinnig deur die take dopgehou. My man natuurlik het gedink ek is simpel, want al hierdie dinge het slegs gebeur wanneer hy nie by my was nie, en moes ek foto-evidence gee. Die apies is pragtig en oulik, maar ons het net nie gemeng nie. As hul op die stoep baljaar het ek maar eerder rustig gesit en Masterchef Australia kyk.

Die George oord is werklik baie gerieflik en lekker en met kamp plek en chalets beskikbaar is dit ‘n ideale ontspanning vir die familie. Dis ook gerieflik naby aan die Outeniqua Plaasmark (lees hier as jy my insetsel daaroorgemis het: http://grondpaddromers.blogspot.co.za/2016/11/outeniqua-plaasmark-n-naweek-gunsteling.html ) en ook Eden Meader Mall. Vic Baai is slegs 4km vanaf die oord met Wildernis ook net 7km weg.

Besoek gerus hul webblad www.georgeresort.co.za

Geniet die avontuur… passop net vir die apies!

LMH 

Tuesday, December 6, 2016

Outeniqua Vervoer Museum, George – Treine en Nostalgie

Die Outeniqua Vervoer Museum (Foto LMH)

Daar is iets omtrent treine en treinstasies wat my baie nostalgies maak. My oupa was ‘n stasiemeester en ek kan nie help om aan hom te dink as ek plekke soos die Transnet Outeniqua Vervoer Museum in George besoek nie. My oupa en my pa het ons baie stories vertel oor die doen en late van my oupa as stasiemeester. Ek onthou self ou familie films wat ons op projektors teen ‘n wit muur gewys het waar my oupa trots in sy donkerblou stasiemeester pak, met sy uniform hoed netjies aan, spoor toe loop om die aankomende trein verby te wys. 

Ek was definitief opgewonde oor my besoek na hierdie museum! Die museum bevat stoomlokomotiewe, ou karre en kan selfs “name-drop” met oud president Paul Kruger se lokomotief en ook die bekende 1947 Wit Trein waarop Queen Elizabeth Suid Afrika besoek het.

Met die aankoms is daar groot stoomlokomotiewe buite die perseel om na te kyk en lyk die museum self soos ‘n staats gebou, en met rede – die museum is gebou rondom die oorspronklike treinstasie en het selfs binne nog die oorspronklike spore, stasiehuis en vloerskaal.

Die Stormberg Lokomotief (Foto LMH)
Met die inkoms, nadat jy slegs R20 ingang betaal het (dis reg, slegs R20!) staan daar ‘n lokomotief genaamd Stormberg. ‘n Pragtige 100 jaar oue lokomotief. Die Stormberg het vanaf 1880 tot 1980 op die spoorweë tussen Oos-Londen en Queenstown gery. Vir party is dit dalk nie interesant nie, maar vir my was hierdie heel eerste lokomotief in die voorportaal waar my liefde vir die museum bevestig is, want dit sou beteken dat hierdie einste lokomotief in die jare 60’s en 70’s my oupa op daardie presiese roete verby sou vat waar hy op sy stasie op Amabilie gepronk het. Onmiddelik het ek soos ‘n klein dogtertjie gevoel ek kon ek nie wag om nog te sien nie!

 Met die deurloop van die museum is daar baie treine om na te kyk, elkeen met ‘n ander storie. Daar is selfs ‘n miniatuur treinkamer waar jy kan kyk hoe ‘n modeltrein kompleet met bome, huise en ‘n brug om sy spore wentel. Die detail van hierdie modelskaalse kunswerk is asemrowend.

Pres Kruger se trein (Foto LMH)
President Kruger se treinlokomotief en een van die kajuite is ook hier te sien. ‘n Luukse binnekant met leer banke, hout vesters en afrondings, selfs sy ou gramofoon plaat staan op die kajuit vloer in ‘n mooi hout kas wat ook ‘n knersiekas (drankkabinet) is.

In die middle van die museum is die ou stasiehuis waar mens die publieke telefoon (nou stokoud) en treinkaartjies kom aankoop. Asook die vloerskaal waar hul tasse en toerusting kon weeg. Die ou SAR kaartjiemasjien is bloedrooi geverf en is herstel na die oorspronklike prag. Daar pronk ook ‘n Nestle “vending machine” waar mens 1D (one dime) kon insluit vir ‘n sjokoladetjie. Met vandag se sjokolade prys kan mens dink hoekom hy nie meer werk nie.

Van die karre op uitstalling (Foto LMH)
Daarna bevind jy jouself in klassieke-motor-hemel vir die wat gons oor ou karre. Morris, Cadillac, Valiant en selfs ‘n VW Bus om my gunstelinge te noem. Duidelik is ek in die verkeerde era gebore, want hier het ek en my man ons self te veel geniet tussen die ou karre en ‘n treinstasie. Ons het hier ook een van die opsigters en vrywilligers ontmoet wat die museum behou en benut en gelukkige mense soos ons op private toere neem.

Die Wittrein, of gedeelte daarvan, word by die Outeniqua museum uitgestal en is vanaf die Britse koning en koningin se rein in 1947 toe hul Suid-Afrika kom besoek het. Hul het vanaf February tot April landwyd in hul eie spesiale wit trein gereis met hul twee dogters Margaret en Elizabeth – laasgenoemde wat nou die huidige koningin van Britanje is. Die Wittrein is nie oop vir die publiek by die museum nie, maar as jy mooi vra en iemand vriendelik daar ontmoet sal hul jou binne neem. En dit was ons geluk…

Die Wittrein (Foto LMH)
Die koningstrein is wit, vanselfsprekend soos die naam Wittrein, en netjies versorg deur die museum. Daar is baie detail aan die trein gegee, nie net vir museum vereistes nie, maar vanaf die bou van die trein vir die koninglike gebruik daarvan. Die trein is netjies en mens kan sien dat in 1947 hierdie definitief ‘n luukse trein was. Met hout afrondings, koper en silver versierings, spesial gedrukte spyskaaarte, en ‘n aanboord kombuis, was daar definitief nie hier afgerammel nie.

Prinses Margaret en Elizabeth (nou
koningin) op die Wittrein in 1947
(Foto Flickr)
Deel van die treinkajuituitstalling is destydse Prinses en nou Koningin Elizabeth se slaapkajuit. Met private badkamer. Dit lyk nie soos veel meer as ‘n normale treinkamer nie, maar verhitte spiëels, lugreguleering en knoppies om die knagte aanteroep spreek anders. Die belangrikste is dat ek in haar kajuit was, gesit het op stoele waar sy gesit het en vir ‘n spesiale oomblik self soos royalty gevoel. Nog meer interesant is dat die jonge prinses op haar toer deur SA haar 21ste verjaarsdag op hierdie einste trein sou vier.

Die museum maak mens nostalgies en trots oor die bevordering van Vervoer en spesifiek treine in SA. Met trein inspirasie, geskiedenis, tegnologie en verskeie meer interesanthede, kan ek nie anders as om mense aanteraai om te gaan kyk nie. Dit is werd die R20 ingang wat jy betaal en jy kan self ‘n koffie en lekkerny benut by hul koffiewinkel. Moedig jul vriende aan om hul kinders te neem, moedig jul ouers aan om ‘n “trip down memory lane” te neem, en gaan geniet die nostalgie van die Outeniqua Vervoer Museum. Glip sommer die 1991 treffer van Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock “Tussen Treine” in die CD speller oppad na die museum om jouself in die bui te kry!

Geniet die nostalgiese avontuur wat hier vir jou wag!


LMH

Nog fotos van binne die museum: