Friday, January 20, 2017

Deur die Krokodil se Bek: Cango Wildlife Ranch

Die wat my ken sal weet, ek is mal oor diere. Enige iets van ‘n krokodil met ‘n bek vol tande, kleurvol en kletsende voëltjies tot my gunsteling dier, die koningryke leeu. Dus was ek in my noppies om na die Cango Wildlife Ranch te gaan waar hul al hierdie en nog meer diere het!

Die coolste ingang ooit, massiewe krokodil mond. (Foto: LMH)
Toe ons eers daar aangekom het het ek soos ‘n kind gevoel, en was ek dadelik herhinder aan my kinderdae en ou fotos van my en my sus voor die groot krokodil bek ingang van die Cango Wildlife Ranch. Erens in ‘n boks pruik ‘n foto van ons tussen die tande soos miniatuur tandestokkies, jare later en die mond pruik steeds, hieroor was ek baie trots en moes my man na ‘n uur lange gesprek luister oor wat ek kon onthou van daardie uitstappie. Gelukkig was ek klein ek kon ek feitlik net dit onthou, en die krokodille. Ek was soos ‘n eerste keer besoeker toe ons eers deur die kaartjie hekkie gaan en kon ek nie wag om te begin deurloop nie. 

Hul offer gidstoere wat jou deur die park neem en vertel oor die diere ens, maar omdat ek myself as ‘n National Geograpic expert label en nie altyd van groot groepe hou nie, het ek sommer self vir ons gids gespeel. Toe ons eers die uitleg van die plek uitgefigure het, was dit ‘n lekker gidslose stappie, maar was ek tog speit dat ek nie meer inligting kon werf van een van hul kennise nie. Gelukkig het ons sommer Jaarlike Kaartjies aangeskaf, teen baie goeie pryse en weet ek ons sal weer (en weer) die plek besoek en wel tog ‘n gids inlyf.

Vissies der duisend  (Foto LMH)
Jy loop eers deur ‘n grotterige deur en bevind jou self in ‘n reënwoud met duidende visse in ‘n humiditeit wat skrik vir niks. Daar loop ook ‘n mak blouduikertjie hier en die oulikste swart voëltjie wat sommer soos ‘n skoothondjie agter jou aanloop. Moet net nie skrik as jy opkyk! Want uit die dak, sonder hokke, hang daar enorme groot vlermuise (gelukkig is hul vegetariërs). Soos muise met vliënierlisensies, maar tog steeds verbasend pragtig in hul eie vreemde manier.


Krokodil spog met sy tande (Foto LMH)
Deur die volgende deur vind jy mak poue amper om elke draai wat jou skeef aankyk as jy verby loop, so asof jy hul en hul sjarme nie moet pla nie. Daar is bosvarke, ystervarke, meerkatte, slange, lemurs, flaminke, miniatuur seekoeie en selfs ‘n otter wat so spog-spog deur die water gly. 

Mens kom natuurlik na die Cango Wildlife Ranch vir die krokodille. Groot, swaar, gediertes wat lyk of hul soos standbeelde doodstil lê, monde mooi oop vir die tandarts voëltjies en net ook om die toeriste te herhinder dat hul nie deel van ‘n petting zoo kan wees nie.

Petting zoo is daar wel vir die kinders, met hasies en skapies en nog meer. Langsaan ‘n kinderspeel area wat self waterkanone het, en met die hitte wat Oudtshoorn tref, was ek amper self onder een van hul net vir die afkoel. Gelukkig is daar ‘n restaurant met verversings, hul is redelik duur, maar dors bly dors.  ‘n Kleiner kiosk help ook darem hiervoor.

Lemurs snoesig (foto LMH)
Verby die lemur area, waar jy self met die klein entertainers kan ingan vir ‘n Lemur Experience (hoeveel mense het die Madagascar fliek se I like to move it, move it hier al gesing?), kom jy by my gunsteling afdeling – die groot katte! 

Lekker lui jagluiperde / cheetahs (Foto LMH)





Cango Wildlife Ranch spog met cheetahs, luiperde, wit leeus en selfs tiere. Soos enorme huiskatte, lê hul op die warm dae en slaap, maar op ‘n koeler dag vang jy hul baljaar in water, bome en selfs rond loop. Die stap oor hout planke hoog bo-oor hul hokke maak dat jy de beste uitsigte het van hul prag. Hier kan ek ure lank staan en staar… as dit net nie so warm was nie!

Wanneer so uitstappie na ‘n einde kom, voel ek altyd hartseer, asof ek maatjies agterlos wat deur ‘n vinnige oogkontak my beste vriende geword het en kan ek net nie wag om hul harige, skubberige en geveërde lyfies weer te sien nie.

Van die diere te sien by die Cango Wildlife Ranch (Fotos LMH)

Cango Wildlife Ranch se ingangs kostes van R160 per volwassene klink hoog, maar dit is elke liewe sent werd. Jaarlikse kaartjies is bekombaar teen slegs R350 en beteken dit dat jy na jou tweede besoek gratis ingan! Daar is ook baie aktiwiteite, van ingaan met die cheetahs of lemurs na duik saam met die krokodille. Beslis iets vir die avontuurlustig, en is ons nie maar almal nie!

Hoop ons sien jul op een van ons besoeke daar, kyk uit vir die vreemde vrou wat met al die diere gesels, ek sê dan mos ons is tog nou al maatjies.

Tot die volgende avontuur…


LMH

Monday, January 9, 2017

Amazing Aarbeie - Redberry Strawberry Farm

Aarbeie by Redberry Farm (Foto LMH)
Al is ek alergies vir aarbeie, wou ek die kans om my eie te pluk nie misloop nie, my man sou tog gunstig dit geniet! En bly is ek dat ons gegaan het - die Redberry Strawberry Plaas op Geelhoutboom Straat naby die George lughawe is waarlik 'n belewenis wat almal moet ervaar!

As jy rigting beneuk is soos ek, en jy't sniffer insigte, kan mens amper die plaas uitruik, dit ruik soos vars aarbeie met room, of daardie aarbeie shampoo wat mens altyd in gaste huise sien. Daar is velde vol bloedrooi bessies wat gewag om gepluk te word en vir slegs R30 'n bakkie is dit 'n bargain wat jy nie by jou supermark sal kry nie.

Miniatuur Trein (Foto LMH)
Die pluk is in velde van aarbeie waar jy self kies watter jy sal wil pluk en geniet, dit neem 'n tydjie maar is die moeite werd, die natuur is beeldskoon en met 'n miniatuur treintjie wat stoomloos deur die landery pronk vol kindertjies kan mens jouself net geniet.

Die Redberry Farm het ook 'n Strawberry Maze, wat ons graag sal wil doen, maar op hierdie spesieke dag was dit bloedig warm en het ek nie kans gesien om die grootste maze in die Suidelike halfrond aan te durf nie. Definitief nie sonder 'n sonhoed en sonskerm nie, maar ons sal wel volgende keer aandurf.

Daar is ook 'n oulike plaaserige winkel waar jy enige strawberry verbonde verversing kan aankoop en ook die restaurant benut, waar hul alles met 'n aarbei bedien!

Hul het verskeie goed om jou besig te hou meer en kan jul gerus loer op hul webblad: http://www.redberryfarm.co.za/

Ek was inderdaad baie verras met hoe baie ek die aarbei plaas geniet het en kan nie wag om weer te gaan nie. Al kon ek nie die vrugte van ons arbeid eet nie, het ek wel die pluk geniet!
Want 'n grondpad verstrooi met aarbeie is asemrowend mooi...

Geniet jul bessie avonture in 2017!

LMH