Tuesday, May 30, 2017

Vrye Veer - Birds of Eden Heiligdom

Van buite, op die grondpad na die ingang, kan mens die verskillende roepe van die voëls in die massiewe twee hektar groot aviary hoor, asof jy naby 'n reënwoud kan wees, sou ek my verbeel. Ons maak toe ons pad na die ingang via hul curio winkel en bevind ons in 'n paradys van voëls...


Loeries kom sit naby vir smull vrugte (Foto LMH)
Birds of Eden net buite Plettenbergbaai is 'n reuse onderdak aviary waar meer as 200 spesie voëls hulself bevind. Deur twee hout deure bevind jy jouself in 'n droomland vol reuse bome, houtpaadjies, hangbrug en voëls wat vrylik bo jou rond vlieg. Dis binne minute wat ons die growwe Loerie reeds hoor skree en kan ons ons opgewondenheid nie keer.

Nou moet ek bieg, ons is nie voëlkenners nie, en besit nie 'n boek oor watter voël waar voorkom en is nie van plan om 'n Big Year te doen nie, maar ons sal wel tot stilstand kom vir 'n valk langs die hoofpad, of uile soek wat buite ons woonstel saggies roep in die nag. So gesê kan ons genoeg spesies self uitken en is puik Googlers, so ons was opgewonde om die voël paradys te sien waarvan almal so praat.

Ons was aangenaam verras met wat ons ingewag het, met die eerte paar tree het die fisante om ons voete gespartel en die Loeries hard geroep by vars bakke wate en vrugte wat die personeel vir hul uitgelê het. Kompleet met 'n water stroom en waterval wat saggies druis soos mens oor die hout planke loop deur die oerwoud van bome en blare.

Blou duikertjies loop rustig rond (Foto LMH)
Tussen die geskarrel van grond voëls het ons ook baie blou duikertjies gewaar en het hul ons harte gesteel. Bo in die kap van die bome hang daar ook groot vlermuise wat kamermaats vir die voëls is. Soos mens opkyk na die aviary se dak kan mens die blou Macaws sien rond vlieg, gepaart met duiwe en parakeet. Klanke van voëls omring mens is voel mens of jy in die oerwoud van Rio is, presies soos daardie kinderfliek, sonder al die Samba.

Daar is 'n dammetjie waar eende hul vermaak met swanne, en grasvelde waar bloukraanvoëls nostalgies smul. Rooi flaminke, met hul supermodel lang bene loop reg langs jou, min gespin oor wie jy is. Swane, eende, hornbills.... Vere, vlerke, kuikens.... Swemmend, stappend, vliegend.... Die voëls omring mens, en is dit 'n absolute fees van vlerke!

Verskeie voëls kom te sien by Birds of Eden (Fotos LMH)

Ek was nog nooit so geintereseerd en omgeslaan deur die mooiheid van geveerde spesies nie, maar hier, by die pragtige Birds of Eden het ek my hoed afgehaal vir die bewaring, rehabilitasie en inligting wat die aviary en sy diere bied aan die publiek.

Ek sal die ervaring aan elk een voorstel, dit is werklik merkwaardig en die prys werd. Hier sou ek ure lank kon rond wandel en selfs net rustig sit en kyk hoe die voëls my en mekaar vermaak.

'n Fantastiese, vol vere, ervaring!

Tot die volgende avontuur...
LMH