Friday, July 7, 2017

Warmwaterberg Spa – Barrydale se Wonder Waters


Weg gesteek in die hart van die Karoo op die R62 tussen Barrydale en Ladismith lê ‘n betowerende warm water bron,  Warmwaterberg Spa. ‘n Onophoudelike bron vars natuurlike warm water wat al sedert 1886 vloei en minerale magtigheid nog vêr vroeër gebied het.

Ek het in die Oos Kaap groot geword en nie ondervinding van warm water bronne gehad nie, maar my man en sy familie het gereeld in die Transvaal sulke bronne besoek en natuurlik moes hy vir my die wetenskaplike verduideliking gee oor hoe hierdie warm water so onophouend vloei en kon bestaan. Van lava en onder aardse verhitting, tegtoniese plate en ondergrondse water opgaring kon ek mooi verstaan, maar ek hou vol – dit is wat dit is – ‘n asemrowende wonderwerk.

Vir meer as 130 jaar is hierdie plaas, oorspronklik ‘n skaapboerdery, in dieselfde familie se naam en is die wonder waters oorspronklik deur plaaslike mense gebruik in die historiese badhuise vir gesondheidsdoeleindes. Met my ekseem-proon vel en skeptiese denke het ek ingestem vir ‘n naweek by die boere spa en was ek verbaas met baie meer as net die goegrafie.

Warmwaterberg Spa bied verskeie akkomodasies aan van kampeer na karivaan, self-sorg eenhede en verblyf in die Whittingdale huise. Daar is ook hout chalets en kamers te huur in die hoofhuis wat oorspronklik in 1908 gebou is en is steeds soos die huis oorsproklik was in daardie jare.
Die wam swembaddens by Warmwaterberg Spa (Fotos LMH)
Maar die belangrikste is die baddens. Op die terrein is daar drie groot swembaddens. Twee warm, natuurlike water en een koue swembad. Laas genoemde is ideal vir die somer, omdat dit tot en met 40 grade kan styg in temperatuur, maar nog meer betowerend is dat die warm water bron tot en met 44 grade by die oorsprong handhaaf. Behalwe vir die koue swembad is daar geen koue water op die plaas nie. Krane, wanneer oopgemaak, raak vining warm en stroom die minerale water uit soos manna uit die hemel, of grond in hierdie geval.

My gunsteling aantrekking is die ‘Roman Baths’, twee private baddens wat met vier trappies in die vloer ingesink is en 1000 liter water behou. Die bad is groot genoeg vir 6 mense, maar ek stel voor gaan alleen en voel hoe jy gewigloos kan dryf in ‘n warm bad vol water. Dit het selfs my stubborn vel so sag soos nooit te vore gemaak en kon ek nie help skuldig voel, met waterbeperkings wat in die Wes Kaap aangedryf is, dat ek behoorlik soos ‘n seekoei in my eie miniatuur dam dryf nie.
Die beeldskone landskap wat strek langs die R62 (Foto LMH)

Vir die wat nie heel dag of nag in een van die swembaddens wil ontspan nie, is daar baie staproetes om die plaas om te voet aan te pak. Beeldskone heuwels, geografiese grondbarsting en diere soos springhase, steenbok en springbok is te sien. Ek weet nie of die waters geneesend is of wonderwerke kan verrig nie, maar die area is wonderwerklik beeldskoon, stil en kan mens die gedruis van die stadslewe nie eens onthou nie.

Mooiste poue (Foto LMH)
Soos altyd is my twee gunsteling diere die hoof besoekers aan ons kampplek gewees: wilde katte wat hul lywe kom warm hou het onder ons vuurmaak plek in die koue wintersnag en poue wat blou geglins het in die oggend sonlig terwyl hul wag vir hul krummels. (Hul weet seker ek ken vir Katrien – sien my blog oor George Oord van 2016).

Watermwaterberg Spa het baie vining ‘n gunsteling vir my geword en sal ek definitief weer teruggaan om meer oor hierdie historiese plaas en sy wonderwaters te gaan leer. En natuurlik myself weer in die Roman Baths te submerge.

So onthou om op die R62, net na die gewilde Ronnies, op die grondpad aftedraai en die wonderwaters te gaan soek, al is dit net as dagbesoeker, onthou net jou handoek!
Altyd mooi - 'n grondpad, landskap en 'n winpomp wat soos ons eie boere-eifel toing uitstaan! (foto LMH)
Tot ons volgende avontuur…

LMH