Wednesday, January 23, 2019

Tone in die sand met sonsondergang - Sardiniabaai - PE


City of Angels (film) Foto: Google
Onthou jul die scene in City of Angels (die 1998 tranetrekker met Nicholas Cage en Meg Ryan). Die fliek begin met die engele wat almal op die strand staan en na die sonsopkoms kyk – en luister. Ek onthou destyds hoe treffend dit was en van daar was ek verlief op die sonopkoms en die skemertowerspel. Maar hoeveel keel kan jy sê y het al die effort gemaak om te gan kyk hoe die sonsak?

Wel ek het, en die gogga het weer byt. Op die mooiste van mooi plekke – Sardiniabaai, Port Elizabeth. En moenie dink as jy gaan gan jy soos ‘n verlore siel sit op skuiwende duine nie, daar is hordes mense wat hier opdaag, die son sien sak, en weer aanbeweeg met hul lewens. Maar vir daardie 13-20 minute waar die groot ronde geel die horizon tref, tot waar die lig net tekens van rooi glans wys, is dit asof almal daar is vir dieselfde skouspel. United in something so simple.

Seevoëls oor Sardiniabaai (Foto: LM)
Sonbril sonsak (Foto: LM)
Moenie dat dit jou flous, hierdie skouspel (wat daagliks gebeur) is deel van die top 10 dinge om te doen in Port Elizabeth. Sardiniabaai is ‘n baie bekende strand. Geleë tussen Kinibaai/Seaview en Schoenmakerskop, strek Sardiniabaai se duine, al bewegend, oor die kuslyn. Vanaf Sardiniabaai kan jy die 8km stap na Schoemakerskop aanpak, of andersom. Tussen fauna en flora, met beeldskone uitkyk punte oor ‘n oneindige horizon.

Elke keer as jy gaan is die duine anders, een van die redes hoekom dit so bekend is. Ek onthou hoe ons as kinders soontoe gegaan het, en nou is die ou pad na die “hoofstrand” geblok met tonne seeand, soos die duine oorgeskuif het.


Zeepaard 1823 (Foto: Casual Observer)
Soos enige strand teen die beeldskone kuslyn, is di took deel van tragediese geskiedenis, met ‘n Duitste skip wat op 29 Maart 1823 in die dik mis hier vergaan het. Die Zeepard HNMS was oppad na Holland vanaf Batavia. Lees die volledige storie hier:  http://thecasualobserver.co.za/port-elizabeth-yore-sinking-zeepaard/

Om die Saerdiniabaai horizon te beleef, moet jy jou tone in die sand druk (oh lekker), oor ‘n stewige duin ploeter, maar wanneer jy eers bo kom, is die branders onder jou, die seevoëels bo jou, die walvisse voor jou en die water strek 180 grade van links na regs. In die somermaande kan mens soms die tjokkabote ook gewaar, waar hul hul liggies met skemer begin aansit vir die nag se vangs.

Sien jou by sunset (Foto: LM)
So vat tyd, moenie die rose ruik nie, gan sit, met ‘n skemerkelkie (pun intended), op ‘n mooi duin van Sardiniabaai. Haal diep asem… Luister… Voel… En recharge vir die eek wat voorlê.

Tot ons volgende avontuur,

LM