Wednesday, April 10, 2019

Glamping met Africamps - Ingwe Plett

Africamps Ingwe (Foto LM)



Nou kyk… ek is 'n kamper, ek hou van natuur, in die wildernis wees en so, maar daar moet darem warm water wees vir my om te kan oorleef. Dan vind jy iets soos Africamps - en jy word instantly hooked op GLAMPING! Sonder die pretensie van soos 'n diva wees.


Ons naweekhuisie (Foto LM)


Danksy 'n kompetisie wat ek op die Afrikaanse TV program Pasella gewen het, het ek 'n 4 nag wegbreek by enige van Africamps se 8 kampe gewen. Ons kon kies tussen Wellington, Wildernis, Hazyview, Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Stanford, Swellendam en Robertson. Met my absolute obsessie met die mooiheid van die Tuinroete, het ek en my suster, haar man en die kinders die wa gepak en Plett toe vertrek. Africamps Ingwe was ons voorland! (Besoek hul webblad: www.africamps.com)

Op aankoms was ek reeds verlief op die plek, tussen die varings en velde, rooibokkies en fellow deer wat vry loop, Nguni beeste en die skree van Loeries in die boomkapsels, was ek in die 7de hemel. Alex en Moss ons "hosts" was vriendelik verby en het gesorg dat ons gemaklike tyd het. Met 'n oggend bederf van 'n Brekkie Basket - muesli, botter, jam, juice, melk, muffins, heuning, vars brood en vrugte om elke oggend aan te smul.

Die "tent" waarin ons gebly het was luuks en baie groot, met slaaplek vir 5, insluitende 'n badkamer, eetkamer, sitkamer, kombuis en kagel, wat alles oopmaak op 'n deck wat oor die valley uitkyk. Paar van die tente het self jacuzzis, wat jou tyd daar nog meer drooms sal kan maak. Op die stiller aande kon ons die see hoor druis in die verte. En omdat Ingwe tussen twee roofdierparke geleë is (Juakni en Teniqua) kon ons soggens vroeg die leeus hoor brul - 'n egte Afrika ondervinding!

Robberg Natuurreservaat (Foto LM)
Plett self offer soveel lekker avonture van Lawnwood Snakeprk, Adventure Land en die Puzzle Park na vele ander. Knysna is om die draai en die John Ben Boot is 'n moet, asook die beeldskone strande van Knysna Heads, die waterfront en natuurlik elke padstal tussen Plett en Knysna ook.

Ons het tyd so bes ons kon benut, en self 'n draai gaan stap op die Robberg Natuurreservaat waar mens di evlakte van Plett aan die een kant het n Robberg aan die ander, met die see en horizon so ver jy jou oë kan strek voor jou. Die Robberg Nationale Park is ook 'n Wêreld-erfenis gebied, met historiese klipformasies our as 120miljoen jaar. As jy jouself ooit op hierdie staproete bevind, doen jouself 'n guns - gaan sit, doodstil op die kranse van die staproete (omtrent halfpad deur die hele ding), en doen net dit - sit. Luister. Haal diepasem. En neem dit alle sin - dit is asemrowend mooi en mens voel die rustigheid tot in jou siel. (Besoek hul webblad: www.capenature.co.za/reserves/robberg-nature-reserve)





Ontspan (Foto LM)
Bosveld TV (Foto LM)
Laat middag na ons avonture, het ons rustig by Africamps Ingwe ons viirtjie aangesteek, die kagel binne op die jkouer aande, en ons verkyk aan 'n eindelos sterrehemel soos dit donkerder raak. Ons was self geseënd om twee nagte die vuurvlieggies te beleef, wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. (Hul kom glo gereeld voor by Nature's Valley wat daar naby geleë is nie.)

Africamps was 'n belewenis wat ek nooit sal verruil. En ek gan definitief weer soontoe!
Want daardie grondpad roep my naam!

Tot my volgende avontuur...
LM



Addo Wildlife - Insiggewend met 'n tikkie oulik!



Uile by Addo Wildlife (Foto LM)
Net buite die klein dorpie van Addo kan jy Addo Wildlife vind, waar hul 'n glans restaurant, verskeie akkommodasie geriewe en ook 'n dieresentrum met verskeie voëls, slange, en 'n heerlike avontuur bied.

Na 'n lekker ontbyt by Tangelo, waar die staff so vriendlik is jy wil heeldag sit en gesels, het ons deur die sentrum geloop om die diertjies te verken. Ek moet bieg, van buite lyk die sentrum nie baie indrukwekkend nie, maar eers binne voel jy kompleet of jy in 'n ander wêreld intree. Met groot palms en tuine wat die atmosfeer van 'n ampere reënwoud skep, en die geluid van voëls, alles van Macaws en papegaaie voel dit asof jy erens anders as langs die teerpad slegs 70km va Port Elizabeth af is.

Een van my gunsteling diere is uile, en hier kan jy baie verskeie spesies van naby bekyk. Daar is iets baie majestieus aan uile. So ook die Goshawks wat ook hier gesien kan word.

Muisvoël (Foto LM)
My nuwe maatjie (Foto LM)
Daar is 'n groot aviary, waar jy kan ingaan en rond beweeg tussen die voëltjies. En hier, verbasend genoeg, sal die maker spesie sommer op jou kop of skouer kom sit. Ek het meeste van my tyd hier spandeer, en my hart verloor op 'n klein muisvoël wat my nie wou uitlos. Die Afrika voëltjie word slegs 30cm lank van kop tot stert en weeg slegs 50-70 gram. Hul is so genoem oor hul vaal kleur en hop hop gewoonte tussen takkies en bome.



Almal leer iets by Addo Wildlife (Foto LM)
Addo Wildlife het 'n groot verskeidenheid diere (sien vol lys hieronder) met ook 'n petting zoo stelling waar jy hoenders, marmotte, bokkies en meerkatte van nader kan sien. Die krokodille en anaconda vorm vir goeie rede nie deel van die geleentheid nie. (Lag vir haar eie grap.) Maar as jy gelukkig is kan jy wel 'n paar spesie slange van nader bekyk of selfs van die kleinder akkedisse.

Ek sal beslis weer na hierdie sentrum gaan, al is dit net om vir my muisvoël maatjie te gaan kuier. Definitief die trippie werd, en beslis baie insiggewend.

Maccaws (Foto LM)
Besoek gerus hul webblad: www.addowildlife.com/wildlife-centre/

Hul is oop 7 dae 'n week vanaf 08h00 - 17h00
Kostes is R70 per person (R40 vir pensionarisse / kinders onder 13)
Hiermee lys van al die diertjies wat jy hier sal kan sien (soos op hul webblad):
Snakes: Red-tailed Boa Constrictor, Carpet Python, Corn Rat Snake Hybrid, Grey Rat Snake, Honduran Milk Snake, Snow Corn, Black Albino Rat Snake, Corn Snake , California, King Snake, Yellow Anaconda’s
Reptiles: African Fat Tailed Gecko’s, Rock Monitor Lizard, Nile Crocodiles

Parrots: Cape Parrot, Lovebirds, African Grey, Galah’s, Brown Headed, Senegal, Ruppel’s, Meyer’s, Eclectus

Macaws: Scarlet, Greenwing , Military, Red Fronted, Blue and Gold

Raptors: Cape Eagle Owl, Spotted Eagle Owl, Barn Owl, Bengal Eagle Owl, Rock Kestrel, Verreaux’s Eagle, Lanner Falcon, Steppe Buzard, Yellow Billed Kite, Pale Chanting Goshawk

Cats: African Wild Cat, Caracal

Antelopes: Blue Duiker

Monkeys: Marmosets

Squirrels: Red Bush Squirrel, Gouldian Finches, Suricate

Touch Farm: Turkeys, Chickens, Rabbits, Guinea Pigs, Dwarf Goats, Ducks, Geese, Black Swans

Tot my volgende avontuur…
Met vere in my hare....
LM

Stukkie Hemel in die Addo Distrik - Avoca

Die perfekte Avoca dag (Foto LM)
Op 'n grondpad naby Kirkwood en Addo, tussen sitrusoorde en rivierbeddens kan jy jouself herlaai en die stilte geniet.  Wanneer 'n klein wegbreek benodig word, en die natuur roep na jou siel, is een van my gunsteling plekke Avoca River Cabins. 

Avoca offer verskeie verblyf opsies van modderhutte, na luukse kajuite en B&B opsies. Wanneer jy met aankoms gegroet word deur vriendelike staff en die reuk van rose al langs hul ingang af, kan mens nie meer as om te begin ontspan nie. 
Ontspan langs di erivier (Foto LM)

Avoca offer 'n stil, eenvoudige wegbreek, waar jy 'n rustige vuur kan aansteek, glasie wyn kan klink, met die rivierbed in oogopsig. Jy kan met canoes by die rivier af gaan, om jouself in die mooi natuurlandskap te verloor, of selfs 'n tick op jou Bucket List sit en inspring. Die rivier is diep, koelirig maar vervrissend, veral in die hitte van die dag. Vir die wat nie so avontuurlustig is nie, is daar ook 'n swembad.

Soos lente in herfs, blomme oorheers (Foto LM)
Vir natuurliefhebbers en plantkenners, is daar baie blomme en plante wat die skilderyagtige landskap inkleur. Hier en daar is daar iets wat dalk bietjie aandag benodig soos 'n deur wat vashak (al het dit ons almal eindelose giggelsessies gegee), maar na 'n lekker gesprek met die bestuurders het hul ons ingelig oor die toekomstige opgraderings van bai evan die verblyf opsies. Met 'n naweek wat vol bespreek was, kan mens nie betwyfel dat hierdie 'n wen bestemming is nie. 

Ek het jare terug die klein stukkie hemel ontdek en sedert ons eerste wegbreek daar amper 15 jaar terug en nou het dit baie gegroei en uitgebrei. Met 'n venue vir byeenkomste en troues, is hierdie definitief 'n sprokiesverhaal wegbreek bestemming. 

Die area bied ook baie avonture soos Addo Nasional Olifant Park, Addo Wildlife Ranch, natuur-uitstappies, visvang/hengel, Ziplining, en vele meer vir jonk en oud.

Na die wegbreek is mens vervris en voel mens hartseer om weer die teerpad huis toe te volg, maar Avoca sien my beslis weer gou!

Besoek gerus hul webblad: http://www.avocarivercabins.co.za/

Tot my volgende avontuur,
LM