Monday, October 14, 2019

Die Koeksisters - One Night in the Bay Show


Dis nogals ‘n intimideerend storie as jy as vrou by ‘n Koeksister show opdaag en die 4 drag queens lyk beter in heels en rokke as wat jy ooit sal doen – mar dan weet jy ook – hierdie gan ‘n goeie show wees! Local is altyd lekker en hierdie local showcase is definitief die moeite werd!

Die Koeksisters bestaan uit Felicity Vlagpaal (Donovan Peo), Katerina Kettingsaag (Wouter Pretorius), Getruida Grenswag (Robert Peo) en Euphesia Moeggeploeg (Corne Rademeyer). Die dames hou vir jou vertoning met goeie diva songs, tong in die kies vergelykings, staaltjies en grappies en ‘n wardrobe wat skrik vir niks!


Daar word geglitter, gepof, gedans, gesing, gebloos en saam baljaar. Hul manier om ‘n gehoor deel te maak van ‘n show is asemrowend. Soms is dit effens onder die belt, ver onder die belt, maar dis alles in goeie atmosfeer en sports gedoen.

Felicity Vlagpaal en Katerina Kettingsaag se rendisie van Rooikappie en die wolf is snaaks verby en jy sal moet seker maak jy gebruik die pouses om jou blaas leeg te maak. Euphesia Moeggeploeg vat niemand se strond en sê ‘n ding reguit, en wanneer sy haar Rocky Horror lipsync gooi is jy vasgevang! Getruida Grenswag herhinder ons almal dat jou lyf jou nie moet beperk en haar rendisie van THIS IS ME van Greatest Showman het my in trans gehad! Lyp sync of nie, hierdie girls weet hoe om jou vas te vang!

In elke verskillende karakter, liedjie en toneelspel, kan jy identifiseer, of dit nou net met een van die karakters is, of een liedjie is , maar dit is wat dit so lekker maak, die verskeidenheid maak seker dat die gehoor - van jonk na oud - almal geakkomodeer en definitief entertained is.

Gobsmacked is seker die word – maar dis mos wat ‘n koeksister doen – dis soet en sag en lekker en maak jou net lus vir meer!

Die Koeksisters kan gebook word vir vertonings deur Donovan Peo se skakel op 084 410 0880.

Tot volgende keer – laat ek gou my hakskoene en my Cher CD’s gaan uitkrap…

LM

Nota: alle fotos is geneem deur Stardust Photography – volg hul gerus op FB