Ek is baie lief vir die natuur en alles daarin, diere,
plante en omgewing. Om die woude wat vlak teen die tuinroete lê te gaan verken
maak my altyd glo in iets groter en op die selfde tyd voel ek of ek deel is van
een van Dalene Matthee se bosboeke of ‘n tiepe van feëtjie land.
Big Tree aanwysing (Foto LMH) |
Wanneer ‘n mens die pad na Hoekwill neem naby Wildernis kom
mens by Woodville uit. Woodville is deel van SanParks en spog met sy eie groot
boom. Die stap na die Grootboom wys klein piekniek areas waar mens kan afsluit
van die stad se geraas en spoed en stadig wegsluimer in die natuur, met voël
klanke en die sagte gesuis van ‘n briesie deur die blare van die hoë bome om
jou.
Woodville Groot Boom (Foto LMH) |
Die Woodville Groot Boom is ‘n geelhoutboom, waarskynlik al
850 jaar oud en pronk soos ‘n groot trots slegs 800m van die parkeer terein. Die
Podocarpus Falcatus soos die naam
bord wys, staan 33m hoog met sy takke en blare ‘n 34m kroon bo-oor die woud se
kapsel. Die boom dra steeds vrug wat deur vlermuise, voëls en bosvarke geeet
word. Voëls maak nes in die aktiewe kroon van die boom en word hierdie geelhout
soos ander deur die Nationale Boswet beskerm en kan nie soos ander bome van
vroër jare gebruik word vir meubels en seilskepe nie.
Hier kan mens figuurlik verdwaal in die mooiheid van di die
woud, maar gelukkig nie letterlik nie. Voetpaaitjies is duidelik uitgemerk vir ‘n
sirkel staptog van 2km deur die bos wat omtrent 60 minute neem as jy rustig
stap. Ons natuurlik het amper twee ure gestap omdat ek en my kamera amper elke
wilde sampioen of krullende varingblaar wou afneem.
Prag varings (Foto LMH) |
Daar is baie mense wat die
roete ook stap en kort kort is iemand verby ons. ‘n Groep buitelandse toeriste
het so draft sap verby ons gekom, koppe gebuig om hul voete dop te hou en te
kyk waar hul loop, en ek moes myself keer om nie agter na te skree: “kyk op!
kyk wat jul mis!” Maar vir hul is die stappie net nog iets om oor te gan spog by
hul families om te sê hul het dit gedoen, maar wie gee om as jy nie eers na die
mooiheid van die woud oplet nie.
Die bome vorm ‘n tiepe van ‘n kap bo jou en kan mens die
blou lug hier en daar gewaar, asof die bome jou self van die buitelig beskerm. Mens voel opreg op jy in feetjieland is, met
hordes verskeie sampoeine en paddastoele waarop die feëtjies kan sit en rus, en
uitgeholde bome wat kabouters kan huisves, strome riviertjies wat koelheid bied
en hoë bome met dik varings waar diere in kan wegskuil. Die woud maak mens
rustig en is die beste terapie wat natuur kan offer.
Verskeie wilde sampioene en paddastoele spog in die woud (Fotos: LMH) |
Die Woodville woud se stappie na hul Grootboom is die moeite
werd en sale k dit aan bevel aan almal. Breek weg van die “hussle and busle”
van die stad en gaan verloor jouself in die woud. Dit is goed vir jou siel.
So, trek jou stapskoene aan en geniet dit!
Tot ons volgende avontuur…
LMH