Wednesday, January 23, 2019

Tone in die sand met sonsondergang - Sardiniabaai - PE


City of Angels (film) Foto: Google
Onthou jul die scene in City of Angels (die 1998 tranetrekker met Nicholas Cage en Meg Ryan). Die fliek begin met die engele wat almal op die strand staan en na die sonsopkoms kyk – en luister. Ek onthou destyds hoe treffend dit was en van daar was ek verlief op die sonopkoms en die skemertowerspel. Maar hoeveel keel kan jy sê y het al die effort gemaak om te gan kyk hoe die sonsak?

Wel ek het, en die gogga het weer byt. Op die mooiste van mooi plekke – Sardiniabaai, Port Elizabeth. En moenie dink as jy gaan gan jy soos ‘n verlore siel sit op skuiwende duine nie, daar is hordes mense wat hier opdaag, die son sien sak, en weer aanbeweeg met hul lewens. Maar vir daardie 13-20 minute waar die groot ronde geel die horizon tref, tot waar die lig net tekens van rooi glans wys, is dit asof almal daar is vir dieselfde skouspel. United in something so simple.

Seevoëls oor Sardiniabaai (Foto: LM)
Sonbril sonsak (Foto: LM)
Moenie dat dit jou flous, hierdie skouspel (wat daagliks gebeur) is deel van die top 10 dinge om te doen in Port Elizabeth. Sardiniabaai is ‘n baie bekende strand. Geleë tussen Kinibaai/Seaview en Schoenmakerskop, strek Sardiniabaai se duine, al bewegend, oor die kuslyn. Vanaf Sardiniabaai kan jy die 8km stap na Schoemakerskop aanpak, of andersom. Tussen fauna en flora, met beeldskone uitkyk punte oor ‘n oneindige horizon.

Elke keer as jy gaan is die duine anders, een van die redes hoekom dit so bekend is. Ek onthou hoe ons as kinders soontoe gegaan het, en nou is die ou pad na die “hoofstrand” geblok met tonne seeand, soos die duine oorgeskuif het.


Zeepaard 1823 (Foto: Casual Observer)
Soos enige strand teen die beeldskone kuslyn, is di took deel van tragediese geskiedenis, met ‘n Duitste skip wat op 29 Maart 1823 in die dik mis hier vergaan het. Die Zeepard HNMS was oppad na Holland vanaf Batavia. Lees die volledige storie hier:  http://thecasualobserver.co.za/port-elizabeth-yore-sinking-zeepaard/

Om die Saerdiniabaai horizon te beleef, moet jy jou tone in die sand druk (oh lekker), oor ‘n stewige duin ploeter, maar wanneer jy eers bo kom, is die branders onder jou, die seevoëels bo jou, die walvisse voor jou en die water strek 180 grade van links na regs. In die somermaande kan mens soms die tjokkabote ook gewaar, waar hul hul liggies met skemer begin aansit vir die nag se vangs.

Sien jou by sunset (Foto: LM)
So vat tyd, moenie die rose ruik nie, gan sit, met ‘n skemerkelkie (pun intended), op ‘n mooi duin van Sardiniabaai. Haal diep asem… Luister… Voel… En recharge vir die eek wat voorlê.

Tot ons volgende avontuur,

LM

Monday, November 19, 2018

Grondpad Dromers kry 'n nuwe baadjie!

Ons nuwe look is hier! Baie dankie aan LM Photography & Designs vir die nuwe uitlegte. Kontak hul gerus via hul FB blad: https://www.facebook.com/LM-Photography-Designs-103904673042867/

Onthou ook om ons te volg vir al die nuwe avonture wat kom!

Vir nou... groete en lekker travel!

LM

Wednesday, February 14, 2018

Hotel Portao Diaz - Mosselbaai - Ons Afrika Nagrus

Asemrowende uitsigte (Foto LMH)
Met die Mosselbaaieiland in sig en 'n uitsig oor die hawe, pruik Hotel Portao Diaz bo Mosselbaai uit en is 'n volslae diamant van Hope Town. Met die “true African Experience” wat hul aanbied is hierdie die plek waar talle uitlanders hul bevind, en locals dalk nie eens bewus is van hierdie gem nie. Grondpad Dromers het gaan uitvind wat die hotel behels en 'n nuwe avontuur is gebore...

Hotel Portao Diaz is 'n behoorlike flashback – flashy backpackers – en was in Desember 2017 aangewys met 500% groei! Duidelik doen hul iets reg, en ons by Grondpad Dromers stem 500% saam! 

Hotel Portao Diaz het in 1969 ontstaan en vinnig naam gemaak as die enigste hotel in die area wat nie-blankes ook toegelaat het in die apartheids era. Met mure vol fotos van toeka tot nou kan jy sien hoe diep gegrond die hotel in die gemeenskap is, en die trots wat daarby gepaart gaan. Baie mense wie se ouers in die apartheidsjare daar getrou het, kom steeds terug om die tradisie te volhou.

Maar moenie dink dat hierdie hotel 'n outydse styl het net oordat hul trots op hul geskiedenis is nie. Die restaurant afdeling is stylvol, met goeie interior design beginsels. Stylvol, modern maar steeds gemaklik. Hier kan jy rustig sit en koerant lees op 'n leersitplek, met die uitsig van Mosselbaai voor jou. Of sit terug by die swembad area met lanterne wat die nag verlig. Lus vir verversing, 'n in-house kroeg is gerieflik vir 'n koue bier op 'n warm dag, of 'n night-cap voor jy insluimer.

            

Braai area (foto LMH)
Daar is ook 'n informele braai area, met 'n behoorlike pit-boma vir bonfires, gepas met sitplekke en koffietafels gemaak uit ou (wine)barrels. 'n Uitmuntige mural van drie Khoi-san mans pronk groot teen die muur. En dis juis in hierdie gemak waar jy 'n bo-base ontbyt kan geniet, maar ek vertel nou nou meer daaroor...


Die kamer uitlegte wissel soos per jou benodighede, backpacker, self-catering en hotel kamers. Almal uitgele met privaat badkamers, DSTV, roomservice en nog meer. Met 'n inhuis kombuis is daar menu geregte tot jou begunsel en kan jy daarvat benut tot 22h00. En as jy net lus het vir 'n smul lekker pizza, is Starz Pizza om die draai en lewer hul boonop af!

Die self-sorg eenhede (kamers genaamd soos Ibhayi, Imbali ens) het ook 'n tiepe van 'n rec-room, waar jy gemaklik kan sit en TV kyk, games speel, of 'n boek lees vanuit die slim geplaaste houtleer rak. Die palet banke, bierbottel ligte, en strooisak gordyne is soos iets direk vanuit Pinterest – en ons love dit! Die kombuis vir die selfsorg eenhede het ook 'n yskas, twee plaat stofie en die coolste wasbak – 'n modified ou zink emmer met werkende plumbing.

  

By die agterdeur uit is daar ook 'n werkbare groentetuin, baie kuns werke, insluitende 'n steampunk haai (gepas vir Mosselbaai – die great white capital van SA), en hammocks. As jy nog nooit in 'n hammock gele en ontspan het nie, mis jy uit, dis drooms! Soos feitelik alles anders wat Hotel Portao Diaz jou bied. 

Met soveel gastehuise in en om Mosselbaai wat fokus op die strand en nautical tema, is die volslae Suid-Afrikaanse tema vervrissend en duidelik trots. Hotel Portau Diaz se ontbyt is een vir die boeke, 'n buffet styl ontbyt met egte Suid-Afrikaanse disse. Om net 'n paar te noem: bacon sosasties, volstruis sosaties, skilpadjies (lewertjies en netvet), walkie-talkies (hoendervoete), chakalaka hoenderlewers, boerebone en nog meer, alles gekroon met 'n lekker boeretroos (moer-koffie).

           

Portao Diaz gaan ook een stap verder om die Suid Afrikaanse kultuur te volhou: Met groep bespreking, 6 mense of meer, kan jy by die lapa area bederf word met tradisionele gumboot dansers en Xhosa dansers. Juis hoekom hierdie 'n cultural hotel is en nie jou standaard boutique hotelletjie nie.

Hotel Portao Diaz dra trots 'n drie-ster gradeering van die Toerismegradeeringsraad van Suid-Afrika, en is 'n gewilde lysing op Trip Advisor. En ons hier by Grondpad Dromers beveel hul sterk aan, hul sien ons definitief weer!

  

Besoek gerus hul FB blad, webtuiste of kontak 044 693 0050 vir jul bespreking.


Tot ons volgende avontuur...

(Fotos deur LMH)


Thursday, January 11, 2018

Op Wit & Swart – My Lemur Ervaring – Cango Wildlife Ranch (Oudtshoorn)


Cango Wildlife Ranch op Oudtshoorn is vining besig om een van my gunsteling plekke te word, die atmosfeer is altyd lekker, en elke keer as ek daar kom, leer ek iets nuuts. Hul fasiliteit se uitleg maak vir ‘n lekker avontuur en kan jy jouself ure lank hier geniet.

Hierdie keer het ons besluit om ‘n Animal Encounter te doen. Alhoewel daar ope lug aktiwiteite is wat gratis is, soos die voëltjies voer met nektar, tussen die wallabies deurloop en natuurlik die flying foxes (dis nou massiewe vlermuise) – kan mens ook encounters doen teen ‘n fooi wat vir die bewaring van diere bydra. Hierdie wissel van duik met krokodille, interaksie met slange en ‘n tegu (die grootste akkedis spesie op aarde), sowel as jagluiperd (cheetah) en serval ervarings.

(Lees hier meer oor die ervarings aangebied: https://www.cango.co.za/pages/unique-attractions/)


Swart & wit lemur (Foto: Cango)
Ons het besluit op die oulike wit en swart primate wat die liedjie “I like to Move it, Move It” in die fliek Madagascar in ons koppe laas vashak het – ‘n interaktiewe lemur ervaring!

Cango Wildlife Ranch spog op hul webtuiste dat hul die eerste in Suid Afrika is wat hierdie interaktiewe lemur ervaring aanbied, en met goeie reg. Die lemur area is finominaal. Met groot plantegroei om die Madagaskar bos uit te beeld, ‘n klein bruggie en self ‘n minatuur waterval. Op aankoms word jy goed ingelig deur die vriendelike vrywilligers oor die veiligheid van nie net jouself nie, maar asook die diere. Hierdie bevestig die bewarings belofte wat Cango Wildlife op strewe, die belang van die diere kom eerste. Saniteering van skoene en hande, reëls, regulasies en basiese inligting word aan jou verduidelik.

Lekker klim en klouter (Foto: Cango)
Cango Wildlife Ranch het drie spesies van lemurs wat hul aanhou: ringsterte, wit en swart ruffs asook die bruin lemur.  En hoewel al drie spesies opelik tussen jou deur loop en klouter, kom sit die wit en swart lemurs vrylik op jou skoot, selfs jou kop, om heerlike vars vrugte bederfies te kry en te pronk vir die kamera. (Vrywilligers neem fotos van elke ervaring wat teen billike prys dan by die kiosk gekoop kan word, of self gedruk kan word op enige iets van papier tot handsak of t-hemp).

Elke person was op beurt toegelaat om te sit dat die lemurs jou benader, en met my beurt, en eerste aanraking, was ek verlief op die oranje ogies en klein sagte handjies van die lemurs. So mooi diertjie met sy wit en swart pels en klein mond, wat heerlik smul aan vars vrugte. Dis is met hartseer dat mens hoor hul word juis vir hul pels en pootjies uitgebuit en daarom is dit belangrik dat die bewaring van die spesies behou word deur plekke soos Cango Wildlife Ranch wat ook saam met die Madagascar Fauna Group werk.

Die inligting aan ons vrylik geoffer oor die wit en swart lemurs was nie net interesant nie, maar ook baie insiggewend. Die vrywilligers jaag jou nie aan nie, en dis gemaklik om vrae te vra terwyl jy jouself met die lemurs geniet. Nêrens sal mens ooit so geleentheid kry nie, en jy kan nie help om te glimlag met die uitloop nie. Hierdie klein primate kruip dadelik in jou hart in!

Die lemur encounter kos tans R230 en is die moeite werd. Cango Wildlife Ranch het ‘n goeie prys op jaarlikse toegang kaartjies, en kan ‘n mens gerus hierdie pakket neem, al besoek jy die ranch slegs twee of drie keer ‘n jaar, is dit die beste besparing opsie.

Volgende keer waag ons dalk net die waters met die krokodille…. Miskien.

Tot ‘n volgende avontuur….

LMH

Friday, July 7, 2017

Warmwaterberg Spa – Barrydale se Wonder Waters


Weg gesteek in die hart van die Karoo op die R62 tussen Barrydale en Ladismith lê ‘n betowerende warm water bron,  Warmwaterberg Spa. ‘n Onophoudelike bron vars natuurlike warm water wat al sedert 1886 vloei en minerale magtigheid nog vêr vroeër gebied het.

Ek het in die Oos Kaap groot geword en nie ondervinding van warm water bronne gehad nie, maar my man en sy familie het gereeld in die Transvaal sulke bronne besoek en natuurlik moes hy vir my die wetenskaplike verduideliking gee oor hoe hierdie warm water so onophouend vloei en kon bestaan. Van lava en onder aardse verhitting, tegtoniese plate en ondergrondse water opgaring kon ek mooi verstaan, maar ek hou vol – dit is wat dit is – ‘n asemrowende wonderwerk.

Vir meer as 130 jaar is hierdie plaas, oorspronklik ‘n skaapboerdery, in dieselfde familie se naam en is die wonder waters oorspronklik deur plaaslike mense gebruik in die historiese badhuise vir gesondheidsdoeleindes. Met my ekseem-proon vel en skeptiese denke het ek ingestem vir ‘n naweek by die boere spa en was ek verbaas met baie meer as net die goegrafie.

Warmwaterberg Spa bied verskeie akkomodasies aan van kampeer na karivaan, self-sorg eenhede en verblyf in die Whittingdale huise. Daar is ook hout chalets en kamers te huur in die hoofhuis wat oorspronklik in 1908 gebou is en is steeds soos die huis oorsproklik was in daardie jare.
Die wam swembaddens by Warmwaterberg Spa (Fotos LMH)
Maar die belangrikste is die baddens. Op die terrein is daar drie groot swembaddens. Twee warm, natuurlike water en een koue swembad. Laas genoemde is ideal vir die somer, omdat dit tot en met 40 grade kan styg in temperatuur, maar nog meer betowerend is dat die warm water bron tot en met 44 grade by die oorsprong handhaaf. Behalwe vir die koue swembad is daar geen koue water op die plaas nie. Krane, wanneer oopgemaak, raak vining warm en stroom die minerale water uit soos manna uit die hemel, of grond in hierdie geval.

My gunsteling aantrekking is die ‘Roman Baths’, twee private baddens wat met vier trappies in die vloer ingesink is en 1000 liter water behou. Die bad is groot genoeg vir 6 mense, maar ek stel voor gaan alleen en voel hoe jy gewigloos kan dryf in ‘n warm bad vol water. Dit het selfs my stubborn vel so sag soos nooit te vore gemaak en kon ek nie help skuldig voel, met waterbeperkings wat in die Wes Kaap aangedryf is, dat ek behoorlik soos ‘n seekoei in my eie miniatuur dam dryf nie.
Die beeldskone landskap wat strek langs die R62 (Foto LMH)

Vir die wat nie heel dag of nag in een van die swembaddens wil ontspan nie, is daar baie staproetes om die plaas om te voet aan te pak. Beeldskone heuwels, geografiese grondbarsting en diere soos springhase, steenbok en springbok is te sien. Ek weet nie of die waters geneesend is of wonderwerke kan verrig nie, maar die area is wonderwerklik beeldskoon, stil en kan mens die gedruis van die stadslewe nie eens onthou nie.

Mooiste poue (Foto LMH)
Soos altyd is my twee gunsteling diere die hoof besoekers aan ons kampplek gewees: wilde katte wat hul lywe kom warm hou het onder ons vuurmaak plek in die koue wintersnag en poue wat blou geglins het in die oggend sonlig terwyl hul wag vir hul krummels. (Hul weet seker ek ken vir Katrien – sien my blog oor George Oord van 2016).

Watermwaterberg Spa het baie vining ‘n gunsteling vir my geword en sal ek definitief weer teruggaan om meer oor hierdie historiese plaas en sy wonderwaters te gaan leer. En natuurlik myself weer in die Roman Baths te submerge.

So onthou om op die R62, net na die gewilde Ronnies, op die grondpad aftedraai en die wonderwaters te gaan soek, al is dit net as dagbesoeker, onthou net jou handoek!
Altyd mooi - 'n grondpad, landskap en 'n winpomp wat soos ons eie boere-eifel toing uitstaan! (foto LMH)
Tot ons volgende avontuur…

LMH

Tuesday, June 13, 2017

Tradouw Pass - Die pad van alwyn prag

Tradouw Pass (Foto LMH)
Die Tradouw Pass (R324) is 'n 16km geteerde pad wat Swellendam en Barrydale koppel. Die naam Tradouw het ontstaan uit die ou Khoi taal en beteken, rofweg vertaal 'Die pad van die Vrouens'.


Hierdie is werklik een van die mooiste passe wat ek al gery het op ons avonture. Die draaie is haarfyn, maar mooi, met gereelde aftrek plekkies oral teen sy ruggraat op. Daar is baie vars water watervaleltjies wat reg teen die teerpad loop en kan mens stop by Piekniekbos of Drupkelder om die prag van die area mooier te bekyk.

Daar is selfs op plekke geute opgerig om die vars water te begelei sodat jy self jou bottle kan volmaak, met vars, yskoue bergwater, direk van die spruit.

Die pas is in 1873 al geopen, en toe vanaf 1974 - 1980 herbou, om die hele pass te teer en mooier te maak, hoe... hul het volgens SA Mountain Passes, meer as 4000 alwyne geplant en 2500 bome, iets wat vandag baie mooi vertoon soos jy deur die klowe ry.

Watervalle en spruite op die Tradouw Pass (Fotos LMH)
By ver een van die mooiste passe om te ry, en die gemaklikste van baie. (Al bly die Outenqiua Pas my gunsteling, omdat ek aan haar voet bly!)

Ry veilig, tot ons volgende avontuur!

LMH

Friday, June 9, 2017

Knysna / Plettenbergbaai Vure - en die hartseer wat dit bring



Die vure in Knynsa, Plett en omringende gebiede los my sonder woorde en is hartsroerend! My gedagtes en gebede gaan uit aan die mense wat huise en geliefdes verloor het.
Ook aan die volunteers wat dag en nag help.
Die liefde wat ons prag area ontvang maak my hart bly.
#grondpaddromers #knysnafire #tuinroete

Vir altyd trots om in hierdie mooi area te bly en ek weet die groen gras sal onder die swart as uitkom!

Liefde vanaf die grondpad....

LMH