“You know… they say an elephant never forgets. What they don’t tell you is, you never forget an elephant.” Bill Murray (Larger Than Life-movie).
Knysna olifant Park (Foto LMH) |
As voormalige Baaienaars (Port Elizabeth) is ek en my man
albei gereeld op avonture na Addo Nationale Olifant Park, dit was op die
drumpel van die Baai en iets wat ons gereeld gedoen het. En soos Dalene Matthee
hul genoem het in Kringe in die Bos, het ons van daar af verlief geraak op die
grootvoete. Diere met die grootste lywe, maar nie lomp. Groot families, maar
steeds gekonnekteer. Stil, sterk, met gewimperde oë wat lyk asof hul alles kan
sien, en groot ore, want ons weet hul hoor alles.
Die verskil tussen wat ons van olifante op Addo ondervind
het, was dat daar altyd iets tussen ons en die olifante was, en ons hierdie
wilde diere slegs deur ons motorvensters kon gewaar. Dus was ons nog altyd
geintereseerd in Knysna Olifant Park waar hul “extraordinary elephant
encounters” adverteer. Die kans om hierdie magtige diere nie net van nader te
beskou nie nie, maar om hul te voer en aan te raak. ‘n Lewenslange droom vir
baie, en definitief vir ons ook. So op
een Saterdagoggend, omdat ons nou op die drumpel van Knysna bly, het ons besluit
om die grootvoete te gaan besoek, ons eie Saul Barnard ondervinding te hê en ons
lewenslange droom te bewaarheid.
Die Knysna Park se grootvoete (Foto LMH) |
‘n Kort grondpad van
die N2 af bevind ons onself by die Knysna Olifant Park. By ontvangs kan mens ‘n
wit emmertjie propvol pampoen, skorsies, wortels en beet aankoop vir R45, maar
hierdie is nie deel van die ontbyt spyskaart nie, hierdie vars lekkernye is vir
die olifante, en wys reeds watter sorg hierdie park aan hul diere offer, my man
het selfs gegrap dat hierdie groente varser as ons lokale supermark se groente
was!
Terwyl ons wag vir ons gids en die toer om te begin, is daar
in die video sentrum ‘n kort documenter oor die begin van die park, wat reeds
in 1994 begin is deur Ian en Lisette Withers met slegs twee klein olifant
kalfies wat uit culling in die Kruger Wildtuin gered is en gerehibaliteer moes
word. Die eerste oliante is benaamd Harry en Sally, en so het die Knysna
Olifant Park ontstaan.
Harry en Sally het ‘n belangrike rol gespeel in die
vooruitsig van die rehabilitasie van olifante asook die verkenning van die
spesie, met besoekers wat na die park asook met Harry wat selfs skole besoek
het. Nie net dit, maar die groot Harry het selfs in 2003 ‘n filmrol saam met
Patrrick Swayze gehad in King Solomons Mines wat hier in SA geskiet is. Sedert
daardie jare het die park gegroei, met olifante wat kom en gaan, en so is Harry
ook weg na die Plettenbergbaai Wilds Park om by ‘n bestaande groep olifante aan
te sluit.
Netjies wag hul vir hul smulhede (Foto LMH) |
Netjies agter ‘n reeling, in ‘n ry, soos hul vermoedelik
opgelei is, staan die reuse diere vriendelik, rustig en verwagtend vir die
lekkernye in die wit emmers wat ons en die toeriste aandra. Saggies neem hul
die kos uit jou hand uit, met die growwe hare van hul slurp vreemd op mens se
hand, staan mens eintelik in verbassing met hoe rustig en goed gemanierd
hierdie groot diere is. Hul kan natuurlik hand uitruk, hul bly steeds wild en
is natuurlik bewus van hul eie grootte, maar soos mens kan sien is die park
goed vir hul en is hul so dankbaar vir die aandag, respek en natuurlik kos.
So kom ons by Sally, wat die eerste van die olifante in 1994
was en vandag in 2017, op die ouderdom van 28, die matriarch van die trop is,
die so-genaamde “groot mamma”, al het sy self nog nie ‘n kleintjie gedra nie.
Mac, ons toergids, wat ook sedert 1994 by die park is, vertel ons oor haar een
vermiste ivoortand, so vanaf geboorte, weens generiese afwyking. Terwyl Mac
praat, saggies en met respek vir die groot dier, kan ek nie help om verbasend
te kyk hoe groot sy is nie. Ja ja, ek weet olifante is groot, maar om te gaan
van TV of selfs in ‘n kar ry op Addo en om nou so sonder enige iets tussen ons
voor hierdie dier te staan was asemrowend. Sally het my hart gesteel, daar en
dan.
Ons is toe die geleentheid gegee om aan haar te raak. Nou
kyk, ek het al baie National Geografic gekyk, en You Tube clips van “What
happens next…” en is selfs op Addo op twee verskillende keure deur ‘n olifant
bestorm, so natuurlik was ek bang, maar dis asof dit ‘n goeie bang was.
Skepties, na my man soos gewoonlik eerste gegaan het (onthou hy dra ook maar
altyd die flits en loop voor as dit kom by sulke goed) stap ek nader en sit ek
my hand op haar oor, haar wang, haar lyf. Altyd bewus van die groot gewimperde
oë wat soos sy smul aan die pellets wat Mac haar gee, my steeds dophou, maar sy
is rustig en kan ek my verloor in die hitte van haar oor, en die growwe droë
modder op haar vel, waarskynlik van waar sy probeer afkoel het die vorige dag.
Dan kry ons weer geleentheid om aan haar slurp te vat, ‘n
slurp so dik soos ek self, waarmee sy saggies elke kleine pellet van die grond
af optel, sonder moeite. Ek wou nie hê die oomblik moet eindig nie en kon ek in
my man se oë sien hy het ook ‘n emotionele band gevorm. “Hierdie was my lewens
droom,” sê die een dame vir my soos ons begin terugbeweeg en besef ek dat
hierdie groot olifant, met die Meg Ryan rolprent naam, het meer as net een
persoon aangeraak vandag. En so het elkeen van die ander olifante ook met die
res van die groep, of dit nou Sally, Mashudu, Bonnie, Shungu of enige een van
die 7 olifante wat tans by die park bly was. En dit is die belangrikste vorm
van konservasie en navorsing, om in te lig, om die kans te gee om te interact
en om mense lief te maak vir diere wat ons kan help beskerm.
Ek hoop jul gaan ontmoet hierdie grootvoete en het jul eie Dalene Matthee experience!
Tot ons volgende avontuur...
LMH
No comments:
Post a Comment