![]() |
Uile by Addo Wildlife (Foto LM) |
Na 'n lekker ontbyt by Tangelo, waar die staff so vriendlik is jy wil heeldag sit en gesels, het ons deur die sentrum geloop om die diertjies te verken. Ek moet bieg, van buite lyk die sentrum nie baie indrukwekkend nie, maar eers binne voel jy kompleet of jy in 'n ander wêreld intree. Met groot palms en tuine wat die atmosfeer van 'n ampere reënwoud skep, en die geluid van voëls, alles van Macaws en papegaaie voel dit asof jy erens anders as langs die teerpad slegs 70km va Port Elizabeth af is.
Een van my gunsteling diere is uile, en hier kan jy baie verskeie spesies van naby bekyk. Daar is iets baie majestieus aan uile. So ook die Goshawks wat ook hier gesien kan word.
![]() |
Muisvoël (Foto LM) |
![]() |
My nuwe maatjie (Foto LM) |
![]() |
Almal leer iets by Addo Wildlife (Foto LM) |
Ek sal beslis weer na hierdie sentrum gaan, al is dit net om vir my muisvoël maatjie te gaan kuier. Definitief die trippie werd, en beslis baie insiggewend.
![]() |
Maccaws (Foto LM) |
Hul is oop 7 dae 'n week vanaf 08h00 - 17h00
Kostes is R70 per person (R40 vir pensionarisse / kinders onder 13)
Hiermee lys van al die diertjies wat jy hier sal kan sien (soos op hul webblad):
Snakes: Red-tailed Boa Constrictor, Carpet Python, Corn Rat Snake Hybrid, Grey Rat Snake, Honduran Milk Snake, Snow Corn, Black Albino Rat Snake, Corn Snake , California, King Snake, Yellow Anaconda’s
Reptiles: African Fat Tailed Gecko’s, Rock Monitor Lizard, Nile Crocodiles
Parrots: Cape Parrot, Lovebirds, African Grey, Galah’s, Brown Headed, Senegal, Ruppel’s, Meyer’s, Eclectus
Macaws: Scarlet, Greenwing , Military, Red Fronted, Blue and Gold
Raptors: Cape Eagle Owl, Spotted Eagle Owl, Barn Owl, Bengal Eagle Owl, Rock Kestrel, Verreaux’s Eagle, Lanner Falcon, Steppe Buzard, Yellow Billed Kite, Pale Chanting Goshawk
Cats: African Wild Cat, Caracal
Antelopes: Blue Duiker
Monkeys: Marmosets
Squirrels: Red Bush Squirrel, Gouldian Finches, Suricate
Touch Farm: Turkeys, Chickens, Rabbits, Guinea Pigs, Dwarf Goats, Ducks, Geese, Black Swans
Tot my volgende avontuur…
Met vere in my hare....
LM
No comments:
Post a Comment