![]() |
Africamps Ingwe (Foto LM) |
Nou kyk… ek is 'n kamper, ek hou van natuur, in die wildernis wees en so, maar daar moet darem warm water wees vir my om te kan oorleef. Dan vind jy iets soos Africamps - en jy word instantly hooked op GLAMPING! Sonder die pretensie van soos 'n diva wees.
![]() |
Ons naweekhuisie (Foto LM) |
Danksy 'n kompetisie wat ek op die Afrikaanse TV program Pasella gewen het, het ek 'n 4 nag wegbreek by enige van Africamps se 8 kampe gewen. Ons kon kies tussen Wellington, Wildernis, Hazyview, Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Stanford, Swellendam en Robertson. Met my absolute obsessie met die mooiheid van die Tuinroete, het ek en my suster, haar man en die kinders die wa gepak en Plett toe vertrek. Africamps Ingwe was ons voorland! (Besoek hul webblad: www.africamps.com)
Op aankoms was ek reeds verlief op die plek, tussen die varings en velde, rooibokkies en fellow deer wat vry loop, Nguni beeste en die skree van Loeries in die boomkapsels, was ek in die 7de hemel. Alex en Moss ons "hosts" was vriendelik verby en het gesorg dat ons gemaklike tyd het. Met 'n oggend bederf van 'n Brekkie Basket - muesli, botter, jam, juice, melk, muffins, heuning, vars brood en vrugte om elke oggend aan te smul.
Die "tent" waarin ons gebly het was luuks en baie groot, met slaaplek vir 5, insluitende 'n badkamer, eetkamer, sitkamer, kombuis en kagel, wat alles oopmaak op 'n deck wat oor die valley uitkyk. Paar van die tente het self jacuzzis, wat jou tyd daar nog meer drooms sal kan maak. Op die stiller aande kon ons die see hoor druis in die verte. En omdat Ingwe tussen twee roofdierparke geleë is (Juakni en Teniqua) kon ons soggens vroeg die leeus hoor brul - 'n egte Afrika ondervinding!
![]() |
Robberg Natuurreservaat (Foto LM) |
Ons het tyd so bes ons kon benut, en self 'n draai gaan stap op die Robberg Natuurreservaat waar mens di evlakte van Plett aan die een kant het n Robberg aan die ander, met die see en horizon so ver jy jou oë kan strek voor jou. Die Robberg Nationale Park is ook 'n Wêreld-erfenis gebied, met historiese klipformasies our as 120miljoen jaar. As jy jouself ooit op hierdie staproete bevind, doen jouself 'n guns - gaan sit, doodstil op die kranse van die staproete (omtrent halfpad deur die hele ding), en doen net dit - sit. Luister. Haal diepasem. En neem dit alle sin - dit is asemrowend mooi en mens voel die rustigheid tot in jou siel. (Besoek hul webblad: www.capenature.co.za/reserves/robberg-nature-reserve)
![]() |
Ontspan (Foto LM) |
![]() |
Bosveld TV (Foto LM) |
Africamps was 'n belewenis wat ek nooit sal verruil. En ek gan definitief weer soontoe!
Want daardie grondpad roep my naam!
Tot my volgende avontuur...
LM
This comment has been removed by a blog administrator.
ReplyDelete