"A good friend listens to your adventures, a best friend makes them with you!"
Sunday, August 21, 2022
Die Avonture van Petite & Patat - Ek vat die pad met my beste vriendin!
Sunday, February 6, 2022
Die vrou, die slang en die midde-stad - Senhora Da Cobra, Maputo, Mozambique
Wanneer 'n mens iets spesiaal vind in 'n dorp, of wel hier 'n stad, wil mens altyd begin met "in die hartjie van...", maar hier is dit nie naby "die hartjie van" Maputo nie, meer soos daar naby die treinstasie, in oogglans van die nuwe brug, by die werkersmonument (Praca dos Trabalhadores) is die monument wat my hart en my verbeelding gesteel het.
So kom ons begin dit met... ken jy die storie van die vrou en die kobra?
| Senhora van die voor en regterkant (Foto LM/SP) |
Eendag het 'n vrou besluit, genoeg is genoeg en het 'n groot pot warm pap gekook, en tradisioneël dit op haar kop gebalanseer om onder deur die boom te loop. Toe die slang haar probeer aanval en byt, het hy in die groot pot geval en verbrand in die hitte van die pap. Die vrou het as held terug geekeer na die gemeenskap en almal het haar moed en heldige daad geprys.
Jare later is die monument in haar eer opgerig in die dorpsplein, ter eer aan die werkersgemeenskap. Baie was gekant hierteen, want die eer moes wees vir die werkers en Mosambiekse vegters wat in die eerste Wêreldoorlog oorlede is, maar eerder is die fiktiewe vrou simbolies vereer. Die groot, klip monument is deur die kunstenaar Ruy Rogue Gameiro, saam met argitek Veloso Reis in 1935 ontwerp en opgerig.
Senhora verteenwoordig die legende van hierdie oorwinning, met 'n groot slang aan haar voet, asook die gild en swaard wat eer bied aan die koloniese tydperk en gevegte van die land. Die land se nasionale wapen word ook uitgebeeld, met klipwerkers uitgekerf aan die voet van die reuse monument.Senhora da Cobra in al haar glorie (Foto LM)
Toe ek eers gehoor het van haar, het ek my oë nuuskierig by elke straat af bekyk met die hoop dat ek 'n glimpse van haar kan kry, en toe ons uiteindelik die regte straat vind, en die duisende tuktuks en taxis verby geglip het, het ek haar gewaar. In alle prag. In die middel van 'n rotonde, sodat jy met jou voertuig om haar kan ry. Reuse groot, nie life-size nie, maar drie dubbel dit! Sy staan omtrent drie meter hoog, met haar onderste pedestaal omtrent 4 tot 5 meter hoog. So seker 8 meter in totaal, jy kan nie die groot standbeeld miskyk nie. Ek het nou die my maatband saam geneem nie, dit het nie gepas by my toeriste uitusting nie.
Wat ek wel weet, as nou nie haar lengte, dis dat sy my inspireer het. Haar storie, fiktief of nie. Dat mens soms nie moet wag vir 'n held om jou lewe te kom red nie, maar dinge terug na basics neem, en self opstaan om dinge te verbeter. Sy het nie gewag dat 'n soldaat of 'n president of iemand haar kom red van die slang, sy hett bloot net gedoen wat sy elke dag gedoen het, 'n pot gekook, maar net een stap verder gedink. Ons is ons eie held(in), en dalk klink ek feministies, maar hierdie fiktiewe vrou het my hart gesteel, en laat besef dat ons nie 'n ruiter op 'n wit perd nodig het nie, maar eerder ons eie avontuur kan beplan, te voet, of te perd - maar op ons eie terme!
So tot ons volgende avontuur,
Fique orgulhoso!
LM
Sunday, February 28, 2021
LA Café – Grahamstad – Koffie, Burgers & Tronkselle
![]() |
| FOTOS LM |
LA Café is in 2020 oor geneem deur Thokozani, dit was
voorheen die Provost Café – geleë
binne in die 1838 gebou wat eens gedien het as ‘n militêre tronk. Die uitleg van die voorname tronk was vanuit
die konsep van Jeremy Bentham se Panopticon tronk, ‘n ontwerp wat uniek was aan
die Britse Kolonialiste, waar konstante toesig toegepas kon word van uit die dubbelverdieping
wagtoring wat af kyk op 8 selle en ‘n binnehof. Elke sel is omtrent ‘n 2 meter
by 3 meter, met ‘n klein venster en ingangs deur.
LA Café het elke sel omskep met ‘n unieke, moderne uitleg
wat dien as privaat eetkamertjies, elkeen met sy eie tema. Die binnehof gee
mens so ampere Franse vibe, met stoeletjies en tafels gerankskik tussen plante,
beeldkuns en die oop plafon laat die oggend son in, die bries en die sagte
gedruis van die Grahamstad paaie in die nabyheid. By hierdie Nasionale
Historiese monument voel jy beslis nie soos ‘n gevangene nie.
![]() |
| Binne en uitleg van LA Cafe - FOTOS LM |
![]() |
| Thokozani, sy guns en buns - FOTO LM |
LA Café se spesialiteit spêr baie verder as net amazing koffie – hul bied tuisgemaakte lekkernye, terte en koekies aan sowel as quiches en ligte maaltye. Toe ek Thokozani, die eineaar, vra wat hy dink is hul beste dis, het hy sonder vroom gesê hul Bean Burger, die vegetariese dis. Wat hul tuisgemaakte burgers nog meer gewild maak is die feit dat alles home-made is – selfs die vars brood wat hul bak, ‘n reuk wat jou knië lam maak en jou mond laat water.
Ek gan beslis weer my vonnis gan uitlê by LA Café in Grahamstad. En jy kan ook – besoek hul gerus, of kontak vir Thokozani op 076 975 5020. Volg hul ook op Instagram en Facebook.
Tot ons volgende tronkstraf – ek bedoel avontuur…
LM
Thursday, February 4, 2021
Bruintjieskraal, Baviaanskloof – Die perfekte wegbreek
![]() |
| Op aankoms (Foto LM) |
Die internet sal vir jou verduidelik dat die Baviaanskloof presies 129.5km weg van Port Elizabeth af is. Vir my is die distansie anders gemeet – wanneer jy deur Patensie ry, verby die landerye vol sitrusbome, die reuk van lemoen jou neus prikkel, en omtrent so 1km na die laaste boord jy heeltemal sein op jou selfoon verloor – DIS wanneer jy weet jy is in die Baviaanskloof.
Die
naam self, Baviaanskloof, kom vanuit die Duitse vertaling Vallei van die
Bobbejane... Hiermee kan mens nie stry. Hulle is vollop, en mens hoor hul growwe
stemme weergalm in die kloof se kranse. Gelukkig vermy hul vir die meeste
mense, dis maar net die reuk van Loskop kampers se kos wat hul lok.
![]() |
| Uitleg en uitsig va ons kamparea (Fotos LM / JDL) |
Bruintjieskraal is aan die oewer van die Grootrivier Poort wat by die ingang van die wildernis area van die Kloof (soos ons cool mense na dit verwys) is. Dit is omtrent so 8km op die grondpad, maar kan darem met ‘n normale voertuig bereik word en is dit nie nodig vir 4x4 nie. Alhoewel, vir die wat al ooit saam met my gan kamp het – weet dat ek letterlik alles behalwe die kombuiswasbak in sal pak – gelukkig in die geval, want Bruintjieskaal se kampeerterrein bied by elke staan plek ‘n gerieflike “kombuis” met tafels en wasbak onder dak. Sodra jy jou goedjies uitgepak het, jou solar liggies in geprop het, voel dit heel gerieflik teen die tyd jy jou eerste verversing skink.
![]() |
| Die locals (Fotos LM) |
Elke
kamp is ook gerig met ‘n toilet en stort wat water vanuit die Grootrivier pomp.
En as die oortuiging dat daar moontlik ‘n slang tussen die pragtige
klipstruktuur vir jou loer jou nie pla, kan jy heerlik met die deure oop stort en
jou eie semi-Tarzan style moment hê.
![]() |
| (Foto EDPVE) |
Neem ‘n gazebo saam! Dis my raad vir die hitte! Ys kan gekoop word by die ontvangsarea, asook hout. Maar in die hitte van die kloof wil mens nie vuur maak of beweeg nie. En gaan swem in die rivier. Trek jou kostuum (en jou groot mens broekie aan) en “take the plunge”! Dis heerlik, afkoelend en verbasend diep op sekere plekke. Die kloof omsingel jou as jy in die rivier rond dryf. Met bome na links, ‘n stroom na regs, die kloof agter jou en die verlate kampterrein voor jou. Al wat jy hoor is voëls wat nes maak op die rivier bed, vêr verlate skape wat blêr en jou vriend wat skree, “Iets het aan my voet gevat!”
Die
Kloof is ook ‘n hiker se droom. Daar is eindelose stap roetes, klouterkranse en
voetpadjies. Omsingelende klowe om jou aan te bewonder, random plaasdiere en ‘n
haastige skilpad ook. Mens kan nie genoeg rond kyk nie. Op na bo na ‘n visarend
at nes maak, af na onder vir nog ‘n stroom water om oor te kruis. Die stof sit
styf teen jou tekkies, en al drip die sweet jou effens af, voel jy met elke
tree meer vervris. Dis amazing. Eintlik moeilik om te bewoord…
Staproetes is 'n moet (Fotos LM)
Buintjieskraal is die perfekte wegbreek. Vêr genoeg van die stad om jou siel te recharge, maar naby genoeg dat jy steeds vrydagmiddag na werk kan pak en deurry vir ‘n naweek. So leen ‘n tent, koop ‘n paar marshmellows, pak jou stap skoene en gaan ontspan. Onthou net jou Peaceful Sleep en toiletpapier!
Vir meer inligting oor Bruintjieskraal, besoek hul webblad: https://www.bruintjieskraal.co.za/
Tot
ons volgende avontuur,
LM
Thursday, March 19, 2020
'n Ander Tiepe Boeretroos - Silver Stallion
So wanneer ek 'n voëltjie hoor fluit dat daar 'n lieflike klein café is wat jou foto op jou koffie druk - ja, jy't reggelees - dan moet mens mos nou gan kyk! En so vind ons Silver Stallion in Beaconbaai, Oos-Londen, waar die breë glimlag van die barista jou verwelkom, die aroma van koffie en die minimalistiese uitleg net genoeg is. Nog meer betowerend is dat Silver Stallion gelink is Truth Coffee - wat toevallig my gunsteling koffie winkel in Kaapstad is! Nou weet ek die koffie gan lekker wees, mar hoe presies gan my gesig op 'n cappuccino lyk...
Lo and behold - ek was nie teleurgestel nie! Jy kan of 'n foto daar neem, of een whatsapp - natuurlik kies ek die latter, want die kapsel is nie geborsel of gepoeier nie. En hier is die uitkoms...
![]() |
| Aitsa - Gesiggie op koffie - Silver Stallion (Foto LM) |
![]() |
| Grondpad Dromers - die latte version! (Foto CD) |
Volg gerus Silver Stallion op Facebook: https://www.facebook.com/silverstallionthreads/
Of vind hul in die Beaconbaai Crossings Komplek, in Oos-Londen.
Tot ons volgende avontuur, en koppie boeretroos...
LM
Monday, March 2, 2020
Natuur, Kampvure en Olifante - Addo Olifant Park
![]() |
| Die museum/informasie sentrum by Main Camp is baie insiggewend - Addo (Foto LM) |
![]() |
| Verskeie diere in die Addo park (Foto LM) |
![]() |
| Addo se Flightless Dungbeetle (Foto LM) |
![]() |
| Jack's (Foto LM) |
![]() |
| Olifante is volop in Addo - Gentle Giants - (Foto LM) |
Wednesday, January 22, 2020
Lipstick, Steytlerville en die Follies - Karoo Theatrical Hotel
![]() |
| Lugfoto van Steytlerville dorpie (Foto: www.baviaans.co.za) |
![]() |
| Lady De Waal Brug (Fotos: LM) |
![]() |
| Karoo Theatrical Hotel se ingang en voorkoms is uniek en verwelkomend (Fotos: LM) |
![]() |
| 'n Grênd nessie (Foto: LM) |
![]() |
| Binne die Hotel (Fotos: LM) |
![]() |
| Binne die Grimaldi Theater (Fotos: LM) |
![]() |
| Hotel van buite (Fotos: LM) |
Monday, October 14, 2019
Die Koeksisters - One Night in the Bay Show
Wednesday, April 10, 2019
Glamping met Africamps - Ingwe Plett
![]() |
| Africamps Ingwe (Foto LM) |
Nou kyk… ek is 'n kamper, ek hou van natuur, in die wildernis wees en so, maar daar moet darem warm water wees vir my om te kan oorleef. Dan vind jy iets soos Africamps - en jy word instantly hooked op GLAMPING! Sonder die pretensie van soos 'n diva wees.
![]() |
| Ons naweekhuisie (Foto LM) |
Danksy 'n kompetisie wat ek op die Afrikaanse TV program Pasella gewen het, het ek 'n 4 nag wegbreek by enige van Africamps se 8 kampe gewen. Ons kon kies tussen Wellington, Wildernis, Hazyview, Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Stanford, Swellendam en Robertson. Met my absolute obsessie met die mooiheid van die Tuinroete, het ek en my suster, haar man en die kinders die wa gepak en Plett toe vertrek. Africamps Ingwe was ons voorland! (Besoek hul webblad: www.africamps.com)
Op aankoms was ek reeds verlief op die plek, tussen die varings en velde, rooibokkies en fellow deer wat vry loop, Nguni beeste en die skree van Loeries in die boomkapsels, was ek in die 7de hemel. Alex en Moss ons "hosts" was vriendelik verby en het gesorg dat ons gemaklike tyd het. Met 'n oggend bederf van 'n Brekkie Basket - muesli, botter, jam, juice, melk, muffins, heuning, vars brood en vrugte om elke oggend aan te smul.
Die "tent" waarin ons gebly het was luuks en baie groot, met slaaplek vir 5, insluitende 'n badkamer, eetkamer, sitkamer, kombuis en kagel, wat alles oopmaak op 'n deck wat oor die valley uitkyk. Paar van die tente het self jacuzzis, wat jou tyd daar nog meer drooms sal kan maak. Op die stiller aande kon ons die see hoor druis in die verte. En omdat Ingwe tussen twee roofdierparke geleë is (Juakni en Teniqua) kon ons soggens vroeg die leeus hoor brul - 'n egte Afrika ondervinding!
![]() |
| Robberg Natuurreservaat (Foto LM) |
Ons het tyd so bes ons kon benut, en self 'n draai gaan stap op die Robberg Natuurreservaat waar mens di evlakte van Plett aan die een kant het n Robberg aan die ander, met die see en horizon so ver jy jou oë kan strek voor jou. Die Robberg Nationale Park is ook 'n Wêreld-erfenis gebied, met historiese klipformasies our as 120miljoen jaar. As jy jouself ooit op hierdie staproete bevind, doen jouself 'n guns - gaan sit, doodstil op die kranse van die staproete (omtrent halfpad deur die hele ding), en doen net dit - sit. Luister. Haal diepasem. En neem dit alle sin - dit is asemrowend mooi en mens voel die rustigheid tot in jou siel. (Besoek hul webblad: www.capenature.co.za/reserves/robberg-nature-reserve)
![]() |
| Ontspan (Foto LM) |
![]() |
| Bosveld TV (Foto LM) |
Africamps was 'n belewenis wat ek nooit sal verruil. En ek gan definitief weer soontoe!
Want daardie grondpad roep my naam!
Tot my volgende avontuur...
LM
Addo Wildlife - Insiggewend met 'n tikkie oulik!
![]() |
| Uile by Addo Wildlife (Foto LM) |
Na 'n lekker ontbyt by Tangelo, waar die staff so vriendlik is jy wil heeldag sit en gesels, het ons deur die sentrum geloop om die diertjies te verken. Ek moet bieg, van buite lyk die sentrum nie baie indrukwekkend nie, maar eers binne voel jy kompleet of jy in 'n ander wêreld intree. Met groot palms en tuine wat die atmosfeer van 'n ampere reënwoud skep, en die geluid van voëls, alles van Macaws en papegaaie voel dit asof jy erens anders as langs die teerpad slegs 70km va Port Elizabeth af is.
Een van my gunsteling diere is uile, en hier kan jy baie verskeie spesies van naby bekyk. Daar is iets baie majestieus aan uile. So ook die Goshawks wat ook hier gesien kan word.
![]() |
| Muisvoël (Foto LM) |
![]() |
| My nuwe maatjie (Foto LM) |
![]() |
| Almal leer iets by Addo Wildlife (Foto LM) |
Ek sal beslis weer na hierdie sentrum gaan, al is dit net om vir my muisvoël maatjie te gaan kuier. Definitief die trippie werd, en beslis baie insiggewend.
![]() |
| Maccaws (Foto LM) |
Tot my volgende avontuur…
Met vere in my hare....
LM


































