Thursday, March 19, 2020

'n Ander Tiepe Boeretroos - Silver Stallion

Nou kyk, daar is min dinge in die lewe wat my so gelukkig maak soos 'n lekker koppie boeretroos. Moca-chino, cappuccino, café latte... selfs net 'n gewone ou koffie gemaak met liefde - dis alles lekker! Koffie bokkie - right here!

So wanneer ek 'n voëltjie hoor fluit dat daar 'n lieflike klein café is wat jou foto op jou koffie druk - ja, jy't reggelees - dan moet mens mos nou gan kyk! En so vind ons Silver Stallion in Beaconbaai, Oos-Londen, waar die breë glimlag van die barista jou verwelkom, die aroma van koffie en die minimalistiese uitleg net genoeg is. Nog meer betowerend is dat Silver Stallion gelink is Truth Coffee - wat toevallig my gunsteling koffie winkel in Kaapstad is! Nou weet ek die koffie gan lekker wees, mar hoe presies gan my gesig op 'n cappuccino lyk...

Lo and behold - ek was nie teleurgestel nie! Jy kan of 'n foto daar neem, of een whatsapp - natuurlik kies ek die latter, want die kapsel is nie geborsel of gepoeier nie. En hier is die uitkoms...

Aitsa - Gesiggie op koffie - Silver Stallion (Foto LM)
Grondpad Dromers - die latte version! (Foto CD)
Ek was so impressed! Wow! My koffie is warm, al is dit opgeprint, my reuksintuig is geprikkel en kyk net hoe oulik lyk ek in koffie! Seker 'n miljoen werd die ou ding, maar nee - die gedrukte personlised koffie is niks meer as jou standard rate koffie nie. So natuurlik moes ons toe ook die Grondpad Dromers logo probeer. Baie impressive Silver Stallion - ek en my geprinte voorkoms sien jul binnekort weer!

Volg gerus Silver Stallion op Facebook: https://www.facebook.com/silverstallionthreads/
Of vind hul in die Beaconbaai Crossings Komplek, in Oos-Londen.

Tot ons volgende avontuur, en koppie boeretroos...

LM

Monday, March 2, 2020

Natuur, Kampvure en Olifante - Addo Olifant Park


Hierdie park is al jare deel van my gunsteling wegbreek plekke. Addo Olifant Park is 52 minute vanaf Port Elizabeth – naby genoeg om nie ongerieflik te wees nie, maar vêr genoeg om te voel asof jy behoorlik in die bosveld is.

Die museum/informasie sentrum by Main Camp is baie insiggewend - Addo (Foto LM)
Die kamp / verblyf geriewe is perfek, gemaklik, skoon en uit gekit met net wat nodig is. Die beste is snags hoor jy al die geluide wat goed is vir jou siel – die kraak van die braaivleis vuurtjie voor jou, die wilde honde wat stout oor die veld hardloop, die kampers langsaan wat vertel wat hul gesien het,  die dowwe gebrul van ‘n leeu in die verte - selfs die oom wat in die kampstaanplek langs jou lê en snork pla jou nie eens nie. Want die natuur en die Afrika gevoel sluk jou in sodra jy die park binne tree.  
Daar is twee hoof ingange van Addo wat ek gereeld gebruik, een deur die dorpie Addo, waar jy dan by die hoof kamp terrein begin, of deur Colchester, waar jy van die onderpunt af op ry tot bo in die park. Kampeer plek is beskikbaar by die hoof ingang (Addo dorp se kant), asook luukse safari tente, chalets ens.

Hier is die kostes verbonde, asook die bewaringsfooie wat bereken word: https://www.sanparks.org/parks/addo/tourism/tariffs.php

Verskeie diere in die Addo park (Foto LM)
Addo Olifant Nasionale Park vorm deel van die San Parks groep, dit is die derde grootste park naas die Kruger Wildtuin en Kgalagadi Park. Addo is 1640km2 – moenie my vra hoeveel rugbyvelde dit is nie – maar ek is seker dis groot genoeg vir die hordes olifante om hul eie Super 14 liga te kan begin.
Addo Olifant Nasional Park spog met die Groot 5 – Buffels, Leeus, Olifante (duh!), luiperd en renoster. En met die laaste kamp was ons gelukkig om 4 van die 5 te sien, net die luiperd wat ons ontgaan het. Soms kan mens ry in die park en niks sien nie, ander dae is jy baie gelukkig, mens moet net geduldig wees. Verkykers help, asook ‘n groot blaas, mar as die nood roep is daar darem Jack’s picnic spot in die middle van die park waar jy toilet geriewe het en ook braai fasiliteite, bene strek, regroup en dan verder kan ry.  

Behalwe vir die Groot 5 kan jy ook sien: kudus, jakkalse, meerkat, rooikat, rooihartebees, zebra, duikertjies, hyena, grysbok, vervet apies, vlakvarke, aardwolf, watermonitors, en die oulikste klein ding – die flightless dungbeetle, onder andere.

Addo se Flightless Dungbeetle (Foto LM)
Addo is bekend vir die Flightless Dungbeetle, of in suiwer Afrikaans: landgebonde / vlieglose miskruier (toemaar, ek het ook gefrons). Hulle is enige iets vanaf ‘n 50c groote tot so groot soos jou palm. Hierdie hardwerkende diertjies is so besorg, dat daar verskeie tekens deur die park is wat jou waarsku om nie oor hul, of enige olifant mis te ry nie. Hul rol die olifant mis versigtig in ‘n balletjie, die wyfie lê ‘n eier in die misbolletjie en dit word weggerol en onder grond ingewerk sodat die larwe kan uitbroei. Ek dink hulle is vrek oulik, en die beste voorbeeld van: “een man se k@k, is ‘n ander man se skat”.

Jack's (Foto LM)
Jack’s Picnic Spot, soos bo genoem, is in die middle van die park. Dit is vernoem na een van die park se swart renosters (daar is nie wit renosters in die park nie).  Jack, die renoster, het sy laaste dae in die park deurgebring in die area waar die piekniek plek nou staan. Renosters is in 1961 in die park in gebring, Jack was een van hul en was toe reeds 5 jaar oud. Jack is oorspronkik JA-a genoem, ‘n verwysing aan JA Hunter wie verantwoordelik was vir die uitwis van meer as 1000 swart renosters in Kenya. Hy was deur ‘n veldwagter (Karools Goliath) herdoop as Jack, wat meer gepas was. Baie renosters is uit die park verwyder en hervestig, maar Jack het ‘n hart kondisie gehad en sou dit te gevaarlik wees om hom te probeer skuif. Jack was oor die ouderdom van 30 toe hy oorlede is, en sy storie staan trots by die rusplek vir almal om te lees.

Maar dis mos Addo OLIFANT Nasionale Park, en daar is definitief rede – daar is baie olifante. In die park self is daar in die 2016 sesnus 700 gewees, maar huidige tellings is glo tot oor 1000. Hierdie jaar (2020) is daar ook tweeling olifantjies gebore – dit is baie skaars, maar die park het in sy bestaan al 4 pare tweelinge verwelkom.  Mens kan werklik ure sit en kyk hoe hul swem, eet, trompeteer, en jou verkyk aan hoe groot hul is, mar so verskriklik stil.

Olifante is volop in Addo - Gentle Giants - (Foto LM)
Sien ook my opkommende blog spesifiekk oor die olifante van Addo en meer geskiedenis daaroor. Van hul uitwising voor die park se ontstaan, die stigting van AONP, Hapoor en sy kroos, lemoene, sitrusboere en meer.

As jy verveeld raak, wat regtig onmoontlik is, is daar ook ‘n bird-hide vir die avid birdwatchers, ‘n informasie sentrum (museum) wat meer oor die park wys (en die storie oor Hapoor vertel). Of as jy nie lus is vir braai, kan jy die restaurant in die park besoek  - fyi – beste cappuccinos!
Maar vir nou los ek jou met die ideë: is jy naby PE, is jy oormoeg, wil jy wegkom en recharge – gaan na Addo – glo my, dis worth it. Van die vriendelike veldwagters, na die opgewonde toeriste, die ongelooflike sonsondergang oor die park, en die geluid van die natuur in die Afrika atmosfeer…. Sug… vat my terug!

Mar tot ons volgende avontuur…
LM

Wednesday, January 22, 2020

Lipstick, Steytlerville en die Follies - Karoo Theatrical Hotel

Lugfoto van Steytlerville dorpie  (Foto: www.baviaans.co.za)



Steytlerville is 164km vanaf Port Elizabeth en is werlkik ‘n one horse town, met een lang en ook breë hoofstraat, ‘n paar afdrentel straatjies en ‘n yslike mooi katedraal Kerk. Die hoofstraat is juis so gebou oor dit sedert 1876 spesifiek gebruik sou work vir ossewaens, nie vandag se luukse voertuie nie. Die kerk self is gebou in 1907 spog met ‘n toring wat 53m hoog is, nog te min ‘n kerkklok wat 1.6 ton weeg. 


Lady De Waal Brug (Fotos: LM)

Net buite die dorpie vind jy die Lady De Waal brug wat gebou is in 1911/12 en vernoem na ‘n administrator se vrou – want dis mos hoe jy die liefde verken in die karoo… Die brug word selde nou gebruik, maar is oop vir die publiek en staan nou as nostalgiese huldeblyk.

Net oor die Lady de Waal kom mens by die (in my opinie) hartjie van hierdie Karoo dorpie en as jy dink die karoo het net skapies en windpompe is jy verkeerd… Die Karoo Theatrical Hotel is nou waaragtig nie ‘n droë plek nie! Met ‘n uitsig oor die dorpie, is dit amper asof die hotel self op ‘n verhoog staan. Nogals gepas met wat na ure by hierdie stil karoo hotel gebeur…
Karoo Theatrical Hotel se ingang en voorkoms is uniek en verwelkomend (Fotos: LM)
Met aankoms is die geel mure van die hotel aanloklik so in die dor Karoo weivelde, en alwyne verwelkom jou saam met die engelbeelde na die hotel wat ‘n baie mexikaanse aangesig uitbeeld, of dalk is dit net al die pronkende kaktusse. 

'n Grênd nessie (Foto: LM)
Wanneer jy by die stoep onloop verander die voorkoms heeltemal, van self ‘n chandelier wat nou ‘n nessie en eiertjies huisves en daarom nie gebruik kan word nie, na gemaklike stoele en banke waar jy seldsaam kan sit en kelkies drink terwyl die klank van die karoo stil in die agtergrond suis.

Die Karoo Theatrical Hotel huisves minimale gaste in grênd kamers wat uitgelê is, met sommige wat uitloop op die swembad, ideal vir die somersmaande wanneer die hitte jou tref. Op winters aande vind jy die luukse uitleg van die hotel self aanloklik en is daar baie fotos, nostalgie en kunswerke om te bekyk in die hotel se voorportaal en ontspan areas.

Die hotel, soos genoem, offer minimale verblyf en sodoende kan jy spesiaal voel met jou naam op ‘n verwelkomings bord by ontvangs, en eienaars Jacques en Mark wat jou persoonlik groet en kelkies offer.  Daar is soveel om jou aan te verkyk in die hotel dat ‘n mens jouself amper verloor, asof jy kan wegraak in die dekor of verdrink in die detail, elke klein ietsie is strategies uitgelê en kan net hier in die Karoo Theatrical Hotel tuis lyk. Dit is ‘n hoarder se droom, ‘n kunstenaar se heenkoms en ‘n fotograaf se perfekte venue. ‘n Plek waar almal tuis voel, maar ook soos royalty. En definitief nie asof jy in ‘n Hotel bly wat al in 1943 opgerig is nie. Mar ek belowe jou destyds het hul nie gedink dit sou heenkoms wees vir die amazing Follies nie.

Binne die Hotel (Fotos: LM)
Want hierdie is nie net ‘n hotel nie, dit is ‘n hele avontuur op sy eie. Jou akkomodasie tarief sluit ‘n hele twee dae package in.  Dit begin met kelkies en canapes by sonsondergang, met die klank van eienaar Mark wat klavier speel terwyl jy besmul aan heerlike kosse en eersteklas musiek.

Daarna word jy deur die rooi teatre gordyne ingelei na Grimaldi’s Theatre waar klassieke ronde tafels met kandelabras uitgedek is, en jy skielik onthou hoe daai vrou in die Titanic fliek iets gesê het van as jy nie weet, moet jy begin met die buitenste silwerware en jouself inwerk. Dankie tog vir useless info.
 
Elke tafel het sy eie detail, alles gepaard met teater en shows en liedere van bekende produksies. Phantom of the Opera, Le Papillon, Merchant of Venice… Terwyl jy jou verkyk word ‘n heerlike 3-gang maaltyd bedien vanuit die boonste raake, met eienaar Jacques as aanbieder van die disse, en ek verneem ook die maak daarvan. Regte kookkos soos net ‘n Karoo Hotel sou kan, mens kan amper sweer jou ouma werk ook in die kombuis.

Binne die Grimaldi Theater (Fotos: LM)
Na die ete kom die show, en dit is tog waarvir almal na die Karoo Theatrical Hotel gan. Om die beroemde Follies te sien, Dame Leyla Lamborghini (eienaar Jacques in drag) en die meistro Freddy Ferrai (eienaar Mark) op begeleiding en klavier. Nou Leyla is ‘storie en ‘n half hoor, hul website noem haar die Karoovian Diva en kan ek net bevestig – sy is! Oh waarlik sy is! As jy ooit gedink het jy het ‘n show gan kyk wat jou voete onder jou uitslaan, het jy nog nie die Follies beleef nie. Of dit nou die rooiwyn was, die smaaklike kos, die glans van die kerslig of net Leyla self – ek was gobsmacked! My mond het oopgehang, my kieste het gepyn van die lag en ek was net daar en dan convinced dat sy my Spirit Animal is. Mens kan sien hoeveel tyd, liefde en energie in die show in gaan en vir dit is ek as kyker ewig dankbaar en glad nie speit oor die 164km rit vanuit PE na hierdie Karoo dorpie nie.

Die Follies is iets om te beleef. By ontbyt die volgende oggend (ook ingesluit in jou akkomodasie tariewe) suis my ore nog van opwinding en humm ek nog al die pad saam met die diva tunes van die vorige aand. Die plaaslike katte en honde drom om jou asof jy self al tuis is in hierdie wonderlike plek, en besef jy met ‘n swaar hart dat jou Karoo Theatrical Hotel experience verby is en jy die Follies moet groet. Almal sê jy moet hierdie show een keer beleef, in my opinie – doen dit twee of drie of sommer 4 keer! Ek gaan beslis.
Hotel van buite (Fotos: LM) 
Kontak gerus die Karoo Theatrical Hotel op 049 835 0010 / info@karoohotel.co.za
En vat jourooi lipstiek saam op die een…

Tot ons volgende avontuur...
LM

Monday, October 14, 2019

Die Koeksisters - One Night in the Bay Show


Dis nogals ‘n intimideerend storie as jy as vrou by ‘n Koeksister show opdaag en die 4 drag queens lyk beter in heels en rokke as wat jy ooit sal doen – mar dan weet jy ook – hierdie gan ‘n goeie show wees! Local is altyd lekker en hierdie local showcase is definitief die moeite werd!

Die Koeksisters bestaan uit Felicity Vlagpaal (Donovan Peo), Katerina Kettingsaag (Wouter Pretorius), Getruida Grenswag (Robert Peo) en Euphesia Moeggeploeg (Corne Rademeyer). Die dames hou vir jou vertoning met goeie diva songs, tong in die kies vergelykings, staaltjies en grappies en ‘n wardrobe wat skrik vir niks!


Daar word geglitter, gepof, gedans, gesing, gebloos en saam baljaar. Hul manier om ‘n gehoor deel te maak van ‘n show is asemrowend. Soms is dit effens onder die belt, ver onder die belt, maar dis alles in goeie atmosfeer en sports gedoen.

Felicity Vlagpaal en Katerina Kettingsaag se rendisie van Rooikappie en die wolf is snaaks verby en jy sal moet seker maak jy gebruik die pouses om jou blaas leeg te maak. Euphesia Moeggeploeg vat niemand se strond en sê ‘n ding reguit, en wanneer sy haar Rocky Horror lipsync gooi is jy vasgevang! Getruida Grenswag herhinder ons almal dat jou lyf jou nie moet beperk en haar rendisie van THIS IS ME van Greatest Showman het my in trans gehad! Lyp sync of nie, hierdie girls weet hoe om jou vas te vang!

In elke verskillende karakter, liedjie en toneelspel, kan jy identifiseer, of dit nou net met een van die karakters is, of een liedjie is , maar dit is wat dit so lekker maak, die verskeidenheid maak seker dat die gehoor - van jonk na oud - almal geakkomodeer en definitief entertained is.

Gobsmacked is seker die word – maar dis mos wat ‘n koeksister doen – dis soet en sag en lekker en maak jou net lus vir meer!

Die Koeksisters kan gebook word vir vertonings deur Donovan Peo se skakel op 084 410 0880.

Tot volgende keer – laat ek gou my hakskoene en my Cher CD’s gaan uitkrap…

LM

Nota: alle fotos is geneem deur Stardust Photography – volg hul gerus op FB

Wednesday, April 10, 2019

Glamping met Africamps - Ingwe Plett

Africamps Ingwe (Foto LM)



Nou kyk… ek is 'n kamper, ek hou van natuur, in die wildernis wees en so, maar daar moet darem warm water wees vir my om te kan oorleef. Dan vind jy iets soos Africamps - en jy word instantly hooked op GLAMPING! Sonder die pretensie van soos 'n diva wees.


Ons naweekhuisie (Foto LM)


Danksy 'n kompetisie wat ek op die Afrikaanse TV program Pasella gewen het, het ek 'n 4 nag wegbreek by enige van Africamps se 8 kampe gewen. Ons kon kies tussen Wellington, Wildernis, Hazyview, Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Stanford, Swellendam en Robertson. Met my absolute obsessie met die mooiheid van die Tuinroete, het ek en my suster, haar man en die kinders die wa gepak en Plett toe vertrek. Africamps Ingwe was ons voorland! (Besoek hul webblad: www.africamps.com)

Op aankoms was ek reeds verlief op die plek, tussen die varings en velde, rooibokkies en fellow deer wat vry loop, Nguni beeste en die skree van Loeries in die boomkapsels, was ek in die 7de hemel. Alex en Moss ons "hosts" was vriendelik verby en het gesorg dat ons gemaklike tyd het. Met 'n oggend bederf van 'n Brekkie Basket - muesli, botter, jam, juice, melk, muffins, heuning, vars brood en vrugte om elke oggend aan te smul.

Die "tent" waarin ons gebly het was luuks en baie groot, met slaaplek vir 5, insluitende 'n badkamer, eetkamer, sitkamer, kombuis en kagel, wat alles oopmaak op 'n deck wat oor die valley uitkyk. Paar van die tente het self jacuzzis, wat jou tyd daar nog meer drooms sal kan maak. Op die stiller aande kon ons die see hoor druis in die verte. En omdat Ingwe tussen twee roofdierparke geleë is (Juakni en Teniqua) kon ons soggens vroeg die leeus hoor brul - 'n egte Afrika ondervinding!

Robberg Natuurreservaat (Foto LM)
Plett self offer soveel lekker avonture van Lawnwood Snakeprk, Adventure Land en die Puzzle Park na vele ander. Knysna is om die draai en die John Ben Boot is 'n moet, asook die beeldskone strande van Knysna Heads, die waterfront en natuurlik elke padstal tussen Plett en Knysna ook.

Ons het tyd so bes ons kon benut, en self 'n draai gaan stap op die Robberg Natuurreservaat waar mens di evlakte van Plett aan die een kant het n Robberg aan die ander, met die see en horizon so ver jy jou oë kan strek voor jou. Die Robberg Nationale Park is ook 'n Wêreld-erfenis gebied, met historiese klipformasies our as 120miljoen jaar. As jy jouself ooit op hierdie staproete bevind, doen jouself 'n guns - gaan sit, doodstil op die kranse van die staproete (omtrent halfpad deur die hele ding), en doen net dit - sit. Luister. Haal diepasem. En neem dit alle sin - dit is asemrowend mooi en mens voel die rustigheid tot in jou siel. (Besoek hul webblad: www.capenature.co.za/reserves/robberg-nature-reserve)





Ontspan (Foto LM)
Bosveld TV (Foto LM)
Laat middag na ons avonture, het ons rustig by Africamps Ingwe ons viirtjie aangesteek, die kagel binne op die jkouer aande, en ons verkyk aan 'n eindelos sterrehemel soos dit donkerder raak. Ons was self geseënd om twee nagte die vuurvlieggies te beleef, wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. (Hul kom glo gereeld voor by Nature's Valley wat daar naby geleë is nie.)

Africamps was 'n belewenis wat ek nooit sal verruil. En ek gan definitief weer soontoe!
Want daardie grondpad roep my naam!

Tot my volgende avontuur...
LM



Addo Wildlife - Insiggewend met 'n tikkie oulik!



Uile by Addo Wildlife (Foto LM)
Net buite die klein dorpie van Addo kan jy Addo Wildlife vind, waar hul 'n glans restaurant, verskeie akkommodasie geriewe en ook 'n dieresentrum met verskeie voëls, slange, en 'n heerlike avontuur bied.

Na 'n lekker ontbyt by Tangelo, waar die staff so vriendlik is jy wil heeldag sit en gesels, het ons deur die sentrum geloop om die diertjies te verken. Ek moet bieg, van buite lyk die sentrum nie baie indrukwekkend nie, maar eers binne voel jy kompleet of jy in 'n ander wêreld intree. Met groot palms en tuine wat die atmosfeer van 'n ampere reënwoud skep, en die geluid van voëls, alles van Macaws en papegaaie voel dit asof jy erens anders as langs die teerpad slegs 70km va Port Elizabeth af is.

Een van my gunsteling diere is uile, en hier kan jy baie verskeie spesies van naby bekyk. Daar is iets baie majestieus aan uile. So ook die Goshawks wat ook hier gesien kan word.

Muisvoël (Foto LM)
My nuwe maatjie (Foto LM)
Daar is 'n groot aviary, waar jy kan ingaan en rond beweeg tussen die voëltjies. En hier, verbasend genoeg, sal die maker spesie sommer op jou kop of skouer kom sit. Ek het meeste van my tyd hier spandeer, en my hart verloor op 'n klein muisvoël wat my nie wou uitlos. Die Afrika voëltjie word slegs 30cm lank van kop tot stert en weeg slegs 50-70 gram. Hul is so genoem oor hul vaal kleur en hop hop gewoonte tussen takkies en bome.



Almal leer iets by Addo Wildlife (Foto LM)
Addo Wildlife het 'n groot verskeidenheid diere (sien vol lys hieronder) met ook 'n petting zoo stelling waar jy hoenders, marmotte, bokkies en meerkatte van nader kan sien. Die krokodille en anaconda vorm vir goeie rede nie deel van die geleentheid nie. (Lag vir haar eie grap.) Maar as jy gelukkig is kan jy wel 'n paar spesie slange van nader bekyk of selfs van die kleinder akkedisse.

Ek sal beslis weer na hierdie sentrum gaan, al is dit net om vir my muisvoël maatjie te gaan kuier. Definitief die trippie werd, en beslis baie insiggewend.

Maccaws (Foto LM)
Besoek gerus hul webblad: www.addowildlife.com/wildlife-centre/

Hul is oop 7 dae 'n week vanaf 08h00 - 17h00
Kostes is R70 per person (R40 vir pensionarisse / kinders onder 13)
Hiermee lys van al die diertjies wat jy hier sal kan sien (soos op hul webblad):
Snakes: Red-tailed Boa Constrictor, Carpet Python, Corn Rat Snake Hybrid, Grey Rat Snake, Honduran Milk Snake, Snow Corn, Black Albino Rat Snake, Corn Snake , California, King Snake, Yellow Anaconda’s
Reptiles: African Fat Tailed Gecko’s, Rock Monitor Lizard, Nile Crocodiles

Parrots: Cape Parrot, Lovebirds, African Grey, Galah’s, Brown Headed, Senegal, Ruppel’s, Meyer’s, Eclectus

Macaws: Scarlet, Greenwing , Military, Red Fronted, Blue and Gold

Raptors: Cape Eagle Owl, Spotted Eagle Owl, Barn Owl, Bengal Eagle Owl, Rock Kestrel, Verreaux’s Eagle, Lanner Falcon, Steppe Buzard, Yellow Billed Kite, Pale Chanting Goshawk

Cats: African Wild Cat, Caracal

Antelopes: Blue Duiker

Monkeys: Marmosets

Squirrels: Red Bush Squirrel, Gouldian Finches, Suricate

Touch Farm: Turkeys, Chickens, Rabbits, Guinea Pigs, Dwarf Goats, Ducks, Geese, Black Swans

Tot my volgende avontuur…
Met vere in my hare....
LM

Stukkie Hemel in die Addo Distrik - Avoca

Die perfekte Avoca dag (Foto LM)
Op 'n grondpad naby Kirkwood en Addo, tussen sitrusoorde en rivierbeddens kan jy jouself herlaai en die stilte geniet.  Wanneer 'n klein wegbreek benodig word, en die natuur roep na jou siel, is een van my gunsteling plekke Avoca River Cabins. 

Avoca offer verskeie verblyf opsies van modderhutte, na luukse kajuite en B&B opsies. Wanneer jy met aankoms gegroet word deur vriendelike staff en die reuk van rose al langs hul ingang af, kan mens nie meer as om te begin ontspan nie. 
Ontspan langs di erivier (Foto LM)

Avoca offer 'n stil, eenvoudige wegbreek, waar jy 'n rustige vuur kan aansteek, glasie wyn kan klink, met die rivierbed in oogopsig. Jy kan met canoes by die rivier af gaan, om jouself in die mooi natuurlandskap te verloor, of selfs 'n tick op jou Bucket List sit en inspring. Die rivier is diep, koelirig maar vervrissend, veral in die hitte van die dag. Vir die wat nie so avontuurlustig is nie, is daar ook 'n swembad.

Soos lente in herfs, blomme oorheers (Foto LM)
Vir natuurliefhebbers en plantkenners, is daar baie blomme en plante wat die skilderyagtige landskap inkleur. Hier en daar is daar iets wat dalk bietjie aandag benodig soos 'n deur wat vashak (al het dit ons almal eindelose giggelsessies gegee), maar na 'n lekker gesprek met die bestuurders het hul ons ingelig oor die toekomstige opgraderings van bai evan die verblyf opsies. Met 'n naweek wat vol bespreek was, kan mens nie betwyfel dat hierdie 'n wen bestemming is nie. 

Ek het jare terug die klein stukkie hemel ontdek en sedert ons eerste wegbreek daar amper 15 jaar terug en nou het dit baie gegroei en uitgebrei. Met 'n venue vir byeenkomste en troues, is hierdie definitief 'n sprokiesverhaal wegbreek bestemming. 

Die area bied ook baie avonture soos Addo Nasional Olifant Park, Addo Wildlife Ranch, natuur-uitstappies, visvang/hengel, Ziplining, en vele meer vir jonk en oud.

Na die wegbreek is mens vervris en voel mens hartseer om weer die teerpad huis toe te volg, maar Avoca sien my beslis weer gou!

Besoek gerus hul webblad: http://www.avocarivercabins.co.za/

Tot my volgende avontuur,
LM