Wednesday, November 30, 2016

Kaai 4 met sy kwaai vuur – Mosselbaai

Foto LMH
Ek begin al dink amper elke grondpad avontuur lei na een of ander vorm van kos, maar dan onthou ek, almal moet tog eet – en hoekom dan nou nie by ‘n lekker gesellige plek met ‘n vuurwarm uitsig?

So kom ons toe by Kaai 4 wat in die Mosselbaai hawe gelee is. Kaai 4 is een van vele restaurante op die hawe tussen dollosse en seevoëls, maar is steeds by vêr my gunsteling. Die “ontvangs” en kombuis lyk nie soos veel van die buitekant, maar wanneer jy die restaurant betree vind jy jou sintuie neem heeltemal gelyktydig oor en moet jy sommer so op die grondpad ingang tot stilstand kom om alles in te neem.

Foto LMH
Wat jy sien is verskeie elemente wat die indruk skep dat hierdie seelangse restaurant verskeie treasures vanuit die see gewerf het en in hul opelug voorportaal uitgestalleer het. Skulpe, driftwood, bottles, blikkies, toue, ‘n halwe boot wat as rak dien en selfs ‘n blou haar meermin-mannekyn.  Die resturant self is verskeie hout tafels onder palm bedekte hutdakke met gemaklike rusbanke en boot décor waarby mens die somerson lekker kan geniet.

Wat jy hoor is die gesels van restaurant gangers, seevoels wat oordak vlieg, die sagte klap van die branders teen die dollosse en vae klanke van swemmers wat op Dias Strand baljaar. Wat jy ruik is die smulrook van ‘n groot braaivleisvuur wat in hul eie boma gemaak is, die reuk van varsgebakte roosterbrood is oorweldigend en mens kan eintelik die jam en botter proe soos jy daaraan dink. Die menu bestaan uit ‘n verskeidenheid Suid Afrikaanse lekkertes, en die reuk van marinade laat mens se mond dadelik water. Gelukkig is daar local craft bier om jou lus te les terwyl jou kos gemaak word.

Gesellige tafels met die boma in die agtergrond (Foto LMH)
Nadat jy jou bestelling by die kassier bestel het, en die baie vriendelike braaier ‘n paar grappe gemaak het, kan jy jou sonbril aansit en rustig verkeer met die uitsig van Mosselbaai se see voor jou met die Outeniqua berge in die verte. Met geleentheid is daar selfs dolfyne en robbe reg aan die voet van die hawe muur om jou te vermaak, en soos hul al vertel het was daar selfs walvisse spoeg naby om te bekyk.

Kaai 4 is die perfekte restaurant vir die generasies, dit is familie vriendelik, dit is romanties genoeg vir ‘n date night en dis cool genoeg vir die studente om lekker te kan kuier. Hier kan ek en my man ure verby sit en rondkyk terwyl die son sak oor die Dias Museum net agter Kaai 4.

Pragtige uitsigte met die
bergreeks in die agtergrond
(Foto LMH)
Ons het oorspronklik in 2015 op ons heuningmaan (wittebrood) die restaurant ontdek na ons perongeluk die verkeerde afdraai geneem het en in die haweparkering beland het, maar ek moedig jul aan – vat die verkeerde afdraai want hierdie restaurant op die grondpad van de hawe is die moeie werd.

Want elke avontuur begin met ‘n grondpad…
Lekker eet!

LMH





Monday, November 28, 2016

Big Blu Restaurant - Mosselbaai

Big Blu (Foto LMH)
Big Blu is ‘n restaurant in Mosselbaai by die Punt. Dit is net bo die Shark Lab en nadat jy hul besoek het en ondersteun het in hul navorsing, kan jy gerus inloer by Big Blu en ontspan soos geen ander restaurant kan offer nie.

Big Blu sit net bo die klippe en golwe van Mosselbaai Punt en bied die mees amazing uitsigte vir die wat daar inkom. Maar kom ons begin voor. Ingestap vind jy seesand vloere met cocktail tafels wat surfboars as “dakkies” het. Dit skep onmiddelik die gevoel van cool, strand en self ‘n tikkie oorseese invloed.

Swaaie by die kroeg met die mooiste mosaic (Foto LMH)
Daar is gemaklike banke by die eet tafels en by die kroeg met die mooiste skakerings van blou mosaic, kan jy terugsit, jou voete lig en…. swaai! Dis reg – sekere van hul stoele is briljant deur swaaie vervang. Met die inloop en die aansig van ‘n swaai, kikker dit die kind in enige iemand op en wil jy daarop sit! En dit is gemaklik! Slim plan, want so kan mens vir ure lank sit en swaai en kelkies geniet.

In die rook kamer, vir die van ons met slegte gewoontes, is daar ook swaaie, en enorme groot ottomans, waarop skuinslê na ‘n lekker maaltyd baie moontlik is. Behalwe vir kelkies en milkshakes, bied Big Blu ook ‘n groot verskeidenheid spyskaart items aan waarvan seekos, steak en kosmandjies alles benut kan word.

Wanneer jou bestelling geplaas is, jou kelkie in die hand is en jou agterstewe stewig op ‘n swaai is, kan jy gerus by die vensters uitstaar na die eindelos branders van Pinnacle Point en na regs die St Blaize ligtoring en grot bekyk. Daar is ook swemgate reg onder die restaurant, so vermaak is altyd byderhand terwyl jy self die moed bymekaar skraap om in te spring.

Swaai, uitsigte en seesand - hoe dan anders (Foto LMH)
Big Blu het nie net ‘n ongelooflike atmosfeer nie, maar dit is goed geleë in Mosselbaai, met asemrowende uitsigte, goeie kos, en het ek jul vertel van die swaaie….?




Big Blu lê geleë op ‘n teerpad en nie’n grondpad, maar wees gerus dat jy jou tone in hul seesand vloer kan indruk.

Geniet hierdie avontuur, soos ‘n kind op ‘n swaai….

LMH

Hop Vallei Plaas Stal – Die beste pizzas ooit!

Local pizza en local wyn - die beste kombinasie! (Foto LMH)
So 10km oor die Outeniqua pas vanaf George na Oudtshoorn is daar ‘n klein padstal. Druiwe rank oor die buitenste plafon, voëlverskrikkers op die stoep en natuurlik die eindelose karre wat almal daar is vir dieselfde rede as wat ons daar was: PIZZA!

Pizza is ‘n wêreldwye gunsteling, en by Hop is dit nog beter want dit word vars in hul oondgemaak terwyl jy vir jou ‘n bottle wyn of koeldrank by die winkel langsaan koop. Jy smul dan op die lekker pizza (Valley Harvest is my gunsteling!) onder ‘n afdak waar daar klomp plaaserige goedere pronk. Uitgedroogte mielies en druiweranke hang uit die plafon, gesegtes, en fotos van almal wat die plekkie al besoek het en die tafels is so gerangsik dat as jy nie met jou metgesel kan praat oor jou mond te vol is, is die tafel langsaan naby genoeg vir jul albei om afteluister.

Die Hop se pizzas kom in verskeindenheid, daar is vele keuses om van te kies, heel pizzas, of vir die vinnige verbyganger kan jy per slice koop. Maar moet jouself nie flous, ‘n slice, nie soos franchise slices wat so armoedig gesny word, is sowaar ‘n kwart van ‘n pizza!

Die atmosfeer is heerlik, die kos is nog beter, die mense is vriendelik – daar is net iets omtrent ‘n gedeelde liefde vir kos, dit is immers hoekom ons almal voor die klein cashiers tafeltjie brom – en ‘n Hop belewenis is die moeite werd as jy padlangs verbygaan.

Dit is nou wel nie ‘n grondpad nie, maar vir pizza, stop mens enige plek!

Smul op Hop se lekker pizzas, en laat die avontuur begin…

LMH

Tuesday, November 22, 2016

GEDIG: My Mosselbaai Droom

Toe Dias jou ontdek en die branders aan sy voete voel
Het hy ook sy oe toe gemaak en na jou geluister soos ek doen?
Die visserbote lapaan jou voete, soos dansers op ‘n verhoog
Walvisse en dolfyne is jou orkes met water instrumente
Die wit hut dakkies jou gehoor
Die tuinroete groei op jou rug
Maar jy staan vas en solied en uitstaar oor die see
Ek laat my briewe by jou heenkom
Ek bid vir liefde op jou voet
Jy leef sterk voort in die denke van die Portugese
Maar meer so in die hart van Afrikaans
Tot die witboskraai weer verby jou sweef
Los ek my hart by die Posboom
En my gedagtes droom van jou,
My Mosslbaai droom.

LMH

My liefde vir Mosselbaai is iets wat ek al jare het, daar is net iets omtrent die plek... (Foto LMH)


Monday, November 21, 2016

#grondpaddromers op Instagram!

Outeniqua Plaasmark – ‘n Naweek Gunsteling

Sitplek vir lekker eet (Foto LMH)
Na ‘n lang week is daar min dinge wat my op ‘n naweek vroeg sal laat opstaan. Daar moet beloftes wees van ontbyt. Reuke van koffie. Soettandsywerhede. En iets wat my so bietjie retail therapy offer. So natuurlik was ek baie bly om die Outeniqua Plaasmark te ontdek. Dit word elke Saterdag op die N2 net buite George gehou by die Kraaibosch ontwikkeling.

Brekfis (Foto LMH)
Maar hierdie is nie net enige average plaasmark nie. Die mark is al sedert 2011 aan die gang en is baie goed georganiseerd. Van stalletjies en uitleg, na verskeidenheid en aansig, alles van die mark maak jou weer wil terug gaan. Dit voel sommer of jy vir jou ou vriende gaan kuier as jy daar arriveer. Die musiek speel heerlik in die agtergrond. Almal is vriendelik. Alles lyk mooi. En alles ruik te lekker!

Stalletjie by die mark (Foto LMH)
Biltong en droëwors, vars vrugte en groente, brekfis en kos vir die hele gemeenskap! Daar is sjokolades, fudge, cupcakes, terte, brode, brousels en nog meer. Alles lyk so lekker dat as jy dit waag om te gaan moet jy maar vergeet van jou dieetplan! As jy nie van giant burgers hou nie is daar ook steak, as jy nie van steak hou nie is daar ook Chinese kos, as jy nie van Chinese kos hou is daar melkkos… die lys van verskeidenheid gaan aan en aan en aan…

Buiten die amazing kos, is daar groot hoeveelhede tuisgemnaakte goedere en crafts. Hout beelde, juwele, biltongsnyers, tuinversierings, klere, droomvangers, skilderye, speelgoed en nog soveel meer.

Stalletjies galore! (Foto LMH)
Dit is nie net die eetgoed en crafts wat mens na die mark lok nie, dit is die atmosfeer ook. Dit laat dit werklik soos ‘n gemeenskap voel. Almal lyk of hul almal ken. Almal glimlag en geniet dit. Kinders speel te lekker in die speelpark en daar is ook speletjie borde vir die ouergenerasies om hulself meer te vermaak oor ‘n koffie, of vir pa terwyl ma te lekker shop!





Toe ek eers na die area trek en probeer uitvis wat daar te doene is hier rond, was die eerste ding wat met meeste opgekom het: “Saterdae oggend is die plaasmark aan, jy moet gaan, almal doen!” En nou weet ek hoekom.

Die pad na die plaasmark loop van hoofweg na afdraai na grondpad… want elke avontuur begin op ‘n grondpad! So laat die avonture begin, maak eers net seker jy het genoeg verversings by die mark gekoop…


LMH