Big Blu (Foto LMH) |
Big Blu is ‘n restaurant in Mosselbaai by die Punt. Dit is
net bo die Shark Lab en nadat jy hul besoek het en ondersteun het in hul
navorsing, kan jy gerus inloer by Big Blu en ontspan soos geen ander restaurant
kan offer nie.
Big Blu sit net bo die klippe en golwe van Mosselbaai Punt
en bied die mees amazing uitsigte vir die wat daar inkom. Maar kom ons begin
voor. Ingestap vind jy seesand vloere met cocktail tafels wat surfboars as “dakkies”
het. Dit skep onmiddelik die gevoel van cool, strand en self ‘n tikkie oorseese
invloed.
Swaaie by die kroeg met die mooiste mosaic (Foto LMH) |
Daar is gemaklike banke by die eet tafels en by die kroeg
met die mooiste skakerings van blou mosaic, kan jy terugsit, jou voete lig en….
swaai! Dis reg – sekere van hul stoele is briljant deur swaaie vervang. Met die
inloop en die aansig van ‘n swaai, kikker dit die kind in enige iemand op en
wil jy daarop sit! En dit is gemaklik! Slim plan, want so kan mens vir ure lank
sit en swaai en kelkies geniet.
In die rook kamer, vir die van ons met slegte gewoontes, is daar
ook swaaie, en enorme groot ottomans, waarop skuinslê na ‘n lekker maaltyd baie
moontlik is. Behalwe vir kelkies en milkshakes, bied Big Blu ook ‘n groot
verskeidenheid spyskaart items aan waarvan seekos, steak en kosmandjies alles
benut kan word.
Wanneer jou bestelling geplaas is, jou kelkie in die hand is
en jou agterstewe stewig op ‘n swaai is, kan jy gerus by die vensters uitstaar
na die eindelos branders van Pinnacle Point en na regs die St Blaize ligtoring
en grot bekyk. Daar is ook swemgate reg onder die restaurant, so vermaak is
altyd byderhand terwyl jy self die moed bymekaar skraap om in te spring.
Swaai, uitsigte en seesand - hoe dan anders (Foto LMH) |
Big Blu het nie net ‘n ongelooflike atmosfeer nie, maar dit
is goed geleë in Mosselbaai, met asemrowende uitsigte, goeie kos, en het ek jul
vertel van die swaaie….?
Big Blu lê geleë op ‘n teerpad en nie’n grondpad, maar wees
gerus dat jy jou tone in hul seesand vloer kan indruk.
Geniet hierdie avontuur, soos ‘n kind op ‘n swaai….
LMH
No comments:
Post a Comment