Soos mens inkom van Wildernis se kant, by die N2 sirkel is
daar aan jou linkerkant ‘n ou blou trein. Dit lyk eintelik soos niks van buite,
maar vat ‘n kans en stop daar oor. Dit is die Bloutrein Bakkery &
Restaurant.
Foto vanaf Google |
Van buite is daar ou wit tente wat die plek verleng, en die
helder blou geverfde kleur van die trein self is al wat uitstaan tussen bosse
bome en varings. Maar binne word jy gegroet deur vriendelike staff en die reuk
van varsgebakte brood. Daar is verskeie tafels uitgelê met brood, terte en
koffiebone wat gekoop kan word, met handgebreide oumalappies en goeters ook.
Matewis geniet sy melk (Foto HH) |
In die middle van die restaurant/kajuit is daar ‘n groot
swart kaggel waarom jy snoesig kan sit en jou koffie geniet op koue dae. Buite
is die kombuis soos ‘n tweede kompartment en die badkamers is ook ‘n aparte kompartment,
maar darem baie beter as ‘n normale treintoilet. Die Bloutrein Bakkery is nie
so 5-stêr soos die luukse Bloutrein wat destyds toere gedoen het landwyd nie,
maar dit is werd die stop. As nie vir die vriendelike staff, is dit die
vriendelike meouw van Matewis die kat wat sommer gou my van die badkamer tot by
ons tafel langs die kaggel gevolg het. Hy het ook nie twee keer gedink om homself
tot op my skoot te nooi nie, en dus moes ons maar saam met ons Moersekoffie
(soos dit in die menu staan) vir Matewis ook ‘n koppie melk bestel.
Die Bloutrein Bakkery en Restaurant is ‘n idiale stop oppad
na jou volgende avontuur.
So laat die avonture begin…
LMH
No comments:
Post a Comment