Foto LMH |
Ek begin al dink amper elke grondpad avontuur
lei na een of ander vorm van kos, maar dan onthou ek, almal moet tog eet – en
hoekom dan nou nie by ‘n lekker gesellige plek met ‘n vuurwarm uitsig?
So kom ons toe by Kaai 4 wat in die
Mosselbaai hawe gelee is. Kaai 4 is een van vele restaurante op die hawe tussen
dollosse en seevoëls, maar is steeds by vêr my gunsteling. Die “ontvangs” en
kombuis lyk nie soos veel van die buitekant, maar wanneer jy die restaurant
betree vind jy jou sintuie neem heeltemal gelyktydig oor en moet jy sommer so
op die grondpad ingang tot stilstand kom om alles in te neem.
Foto LMH |
Wat jy sien is verskeie elemente wat die
indruk skep dat hierdie seelangse restaurant verskeie treasures vanuit die see
gewerf het en in hul opelug voorportaal uitgestalleer het. Skulpe, driftwood,
bottles, blikkies, toue, ‘n halwe boot wat as rak dien en selfs ‘n blou haar
meermin-mannekyn. Die resturant self is
verskeie hout tafels onder palm bedekte hutdakke met gemaklike rusbanke en boot
décor waarby mens die somerson lekker kan
geniet.
Wat jy hoor is die gesels van restaurant
gangers, seevoels wat oordak vlieg, die sagte klap van die branders teen die
dollosse en vae klanke van swemmers wat op Dias Strand baljaar. Wat jy ruik is
die smulrook van ‘n groot braaivleisvuur wat in hul eie boma gemaak is, die
reuk van varsgebakte roosterbrood is oorweldigend en mens kan eintelik die jam en botter proe soos jy
daaraan dink. Die menu bestaan uit ‘n verskeidenheid Suid Afrikaanse lekkertes,
en die reuk van marinade laat mens se mond dadelik water. Gelukkig is daar
local craft bier om jou lus te les terwyl jou kos gemaak word.
Gesellige tafels met die boma in die agtergrond (Foto LMH) |
Nadat jy jou bestelling by die kassier
bestel het, en die baie vriendelike braaier ‘n paar grappe gemaak het, kan jy
jou sonbril aansit en rustig verkeer met die uitsig van Mosselbaai se see voor
jou met die Outeniqua berge in die verte. Met geleentheid is daar selfs dolfyne
en robbe reg aan die voet van die hawe muur om jou te vermaak, en soos hul al
vertel het was daar selfs walvisse spoeg naby om te bekyk.
Kaai 4 is die perfekte restaurant vir die
generasies, dit is familie vriendelik, dit is romanties genoeg vir ‘n date
night en dis cool genoeg vir die studente om lekker te kan kuier. Hier kan
ek en my man ure verby sit en rondkyk terwyl die son sak oor die Dias Museum
net agter Kaai 4.
Pragtige uitsigte met die bergreeks in die agtergrond (Foto LMH) |
Ons het oorspronklik in 2015 op ons
heuningmaan (wittebrood) die restaurant ontdek na ons perongeluk die verkeerde
afdraai geneem het en in die haweparkering beland het, maar ek moedig jul aan –
vat die verkeerde afdraai want hierdie restaurant op die grondpad van de hawe
is die moeie werd.
Want elke avontuur begin met ‘n grondpad…
Lekker eet!
LMH
No comments:
Post a Comment