Mistige dag by die uitkyk (Foto: LMH) |
Wanneer
ek en my man oor die uikykpunt oor Wildernis strand kyk, is daar drie goed wat
ek mal is oor om na te kyk. Eerstens die uitgestrekte, wye see wat lyk asof die
massa water
nooit tot einde kom, ver verby die horizon. Dit is vir my amazing om langs die
see te staan en ek se, met die toon van ‘n skrywershart; “Kan jy glo ons staan nou op die rand van ‘n
hele kontinent?” Het jy al so daaraan gedink, dat wanneer jou tone die lap van
die branders voel, is jy die naaste wat jy ooit sal wees aan die buitelyn van
‘n kontinent?
Die Loerie graffiti onder die brug. (Foto: LMH) |
Daar
is by die see ook altyd ‘n rustigheid wat tevore kom, soos ‘n kalmte of
dromersiel ervaring. Dit is seker omrede daardie rustigheid dat die tweede ding
vir my so mooi is, iets eenvoudig… ‘n Helder graffiti loerie met die woorde RIV
Ouma (Rus in Vrede Ouma) wat in 2016 deur ‘n anonieme kunstenaar onder die brug
by die uitkyk geverf is. So mooi, en my hart voel altyd groot as ek vir dit
staan en kyk en ek dink: “Rus sag, vreemde ouma van iemand wat ek nie ken, hier
waar jy die beste view in die wereld kan
he.”
Die
derde wonderpunt wat ons onlangs eers ontdek het, was ek eers nie oor mal nie.
Ek was inteendeel bang. En heeltemal uitgefreak. Maar nou dat ek meer kennis
daaroor het en ek meer gerus voel sal ek enige tyd weer wil teruggaan. Dit is
die geheime grot agter die Kaaimansbrugtonnel as jy vanaf Wildernis se kant
kom.
Net
om my bangbroek neigings te verduidelik, verbeel jou die volgende:
Ek
en my man het rustig op die strand geloop en besluit ons wil op die treinspoor
onder die uitkykpunt gaan loop, ons gewaar dit altyd van bo maar het nog nooit dit
van nader bekyk. Dus het ons strandlangs en toe spoor langs al om die rant van
die heuwel beweeg. Ons het die landslide gevind wat veroorsaak het dat die
einste spoor nou nie meer deur treine benut kan word nie en nuuskierig oor geploeter.
Aan die anderkant was ons verbaas dat die spoor van sement en yster verander het
na hout en yster, asof ons onwetend deur ‘n timezone gegaan het. Giggels was
vinnig op stop gesit met die kennisgewing wat waarsku: BEWARE HIGH MUGGING
AREA. So nou ja, my avontuur gees het vinnig in bangbroek verander en moes my
man vooruit eers loop en dinge uikyk.
Foto vanaf Google |
Wat
ons voor ons gesien het was nie ‘n droom, of my verbeelding wat my bangheid
probeer wegsteek nie. Daar aan die anderkant van die tonnel vind ons ‘n ou
gebou met hout decks en tafels en stoele. Uitgevat met blomme en ranke,
driftwood en skulpe. En op ‘n tafel sit ‘n ouerige man, met ;n bakkie pap en
glimlag vriendelik en verwelkom ons in.
Nou
om nie soos ‘n hippocryt te klink nie, nou voel ek sleg oor my eerste gedagte
oor die plek en die man, maar al wat deur my kop gegons het was wie is hy, wat
doen hy hier, hoekom nooi hy ons in, waar gaan ons uitkom en hoe gaan ons
uitkom?
Kom
ek verduidelik eers die agterstorie oor die plekkie, voordat my eerste,
verkeerde opinie, op enige leser afsmeer. Die grot wat ons ontdek het was eers
net dit ‘n grot. Met ‘n klein kantoortjie/stasie waar die Kaaimans
stasiemeester treine verby gewaai het met hul trek verby Wildernis. Later toe
die Choo-Choo wat vanaf George gery het daar verby begin kom het, het Fancourt ‘n
klein restaurant, Kaaimans Grotto, daar oopgemaak waar treinpasasiers kan afklim, op hout decks kan koffie drink en die wonders van die
Kaaimansriviermond bekyk. Omstrewe 2006 het erosie van bogrond veroorsaak dat
die spoor toegegooi is op sekere plekke en dus het die treinritte gestop. Met
geen kliente het Kaaimans Grotto hul deur toegemaak en alles verwyder behalwe
sommige strukture.
Clifford, die Kaaimans Grotto grotman (Foto vanaf Google) |
Dit
is toe ‘n jaar of wat later dat grotman, Clifford, soos ek deur ander blog en
berigte geleer het, die grot ontdek het met hulp van God se roeping. Hy het die
plek opgekikker, squatter regte gekry en selfs permissie van Fancourt gekry om “agter
die perseel te kyk” tot en met die treinspoor opgeknap word.
Clifford
het begin goedere versamel, skulpe, speelgoed, kuns selfs beddens, en huis nou
haweloses, kampers en die brawe paartjie of twee. Met die inkoms by Grotto is
‘n mens oorweldig met die aantal goedere wat soos ‘n ou tannie se huis oral
versamel is. Doilies, lappies en kombersies. Skulpe, beendere en hout.
Popkoppe, juwele en krale. Slef gemaaklte windchimes wat vanuit die grot se dak
hang. Kerse wat vreemde lig skep omdat daar geen elektriese toevoering na die
grot is. DIt is baie overwhelming en net plain weird op die eerste aansig.
Wanneer
‘n mens buite staan en na die grot kyk, sink alles in. Hoe vêr ons oor die
treinspoor geloop het, hoe vêr sekere items gedra moes word om tot hier te kom.
Hoeveel tyd en effort en duidelike liefde in hierdie grot ingesit is. Dat die
grot nie na ;n grot verwys moet word nie maar ‘n huis. Clifford se huis. Waar
hy tot 14 mense kan
huisves en al wat hy vra is ‘n glimlag op aankoms en ‘n donasie op vertrek.
Foto vanaf Google |
Die
Kaaimans Grotto is werklik ‘n belewenis, ek self het nie met Clifford gepraat
nie en ek hoop om weer te gaan en saam met om te gesels om die hoe en wat en
waar van sy lewe te hoor. Ander het wel al met hom gesels en die beste
blog/artikel wat ek gevind het is hier vir jul te lees:
So
volgende keer as jul avontuurlustig voel en braaf genoeg is, stap spoorlangs,
neem ‘n donasie en geniet hierdie grotman se skatte en kuns. Dis werklik ‘n
belewenis!
Laat die avonture begin...
LMH
No comments:
Post a Comment