Local pizza en local wyn - die beste kombinasie! (Foto LMH) |
So 10km oor die Outeniqua pas vanaf George na Oudtshoorn is
daar ‘n klein padstal. Druiwe rank oor die buitenste plafon, voëlverskrikkers
op die stoep en natuurlik die eindelose karre wat almal daar is vir dieselfde
rede as wat ons daar was: PIZZA!
Pizza is ‘n wêreldwye gunsteling, en by Hop is dit nog beter
want dit word vars in hul oondgemaak terwyl jy vir jou ‘n bottle wyn of
koeldrank by die winkel langsaan koop. Jy smul dan op die lekker pizza (Valley
Harvest is my gunsteling!) onder ‘n afdak waar daar klomp plaaserige goedere
pronk. Uitgedroogte mielies en druiweranke hang uit die plafon, gesegtes, en
fotos van almal wat die plekkie al besoek het en die tafels is so gerangsik dat
as jy nie met jou metgesel kan praat oor jou mond te vol is, is die tafel
langsaan naby genoeg vir jul albei om afteluister.
Die Hop se pizzas kom in verskeindenheid, daar is vele keuses
om van te kies, heel pizzas, of vir die vinnige verbyganger kan jy per slice
koop. Maar moet jouself nie flous, ‘n slice, nie soos franchise slices wat so
armoedig gesny word, is sowaar ‘n kwart van ‘n pizza!
Die atmosfeer is heerlik, die kos is nog beter, die mense is
vriendelik – daar is net iets omtrent ‘n gedeelde liefde vir kos, dit is immers
hoekom ons almal voor die klein cashiers tafeltjie brom – en ‘n Hop belewenis is
die moeite werd as jy padlangs verbygaan.
Dit is nou wel nie ‘n grondpad nie, maar vir pizza, stop
mens enige plek!
Smul op Hop se lekker pizzas, en laat die avontuur begin…
LMH
No comments:
Post a Comment