Thursday, March 2, 2017

Groot Voël Paradys - Cango Volstruis Plaas, Oudtshoorn

Volstruise (Foto LMH)
Met bewerking van volstruis vere wat sedert 1870 begin het in die Klein Karoo en invoer en uitvoer gestrek het van die lokale verestofverskaffers na karnivalle in Brasil, waarby 1.3 ton vere vanuit die Klein Karoo dorp verskaf was. 1.3 ton vere! 

Tiener Struisies (Foto LMH)
Omdat ons meer wou weet oor die begin en bedryf van volstruis, het ons na die Cango Volstruis Plaas (Cango Ostrich Farm) gegaan om meer te leer. Daar het ‘n vriendelike gids ons verwelkom en meer vertel oor die oorsprong van die volstruis bedryf.

Nou vir my persoonlik is dit ‘n worsteling, want ek kan nie self besluit of ek dink ‘n volstruis is ‘n mooi dier of net ‘n vreemde dier nie. Hul is massief groot, en die grootste voël wat nie kan vlieg nie (tweede die emu). Hul is ook een van die vinnigste twee been diere in die wêreld en sal met gemak mens kan inhardloop. So hul is vinnig, hul is vreemd, hul is groot… maar beleikbaar is hul vreeslik dom…

Ons gids verduidelik vir ons dat ‘n volstruis, amper soos ‘n goudvissie, nie onthou vermoë handhaaf nie, dus is hul 20gram brein slegs ingestel op instink. Hul oë, groot donker mascara ogies, is groter as hul klein breintjie, en daarom kan mens nie ‘n volstruis mak maak nie. Dit is wel in hul natuurlike geaardheid om buite paar seisoen so vriendelik te wees dat mens beina met hul kan toor.

Sak oor kop en niemand kan hom sien (Foto LMH)
En toor bedoel ek werklik, want volstruis se storie van sy kop in die grond druk is nie waar nie, maar as jy sy groot oë toemaak, glo hy met alles in sy wese dat jy hom nie kan sien nie. Jy kan hom nie sien, en hy kan jou nie sien en daarom dink hy hy is veilig. 

By die volstruis plaas leer ons oor hul mobiliteit, die verskil tussen hul en die meer aggresiewe emu, hul kamofleering (mannetjies is swart vir nag kamofleering en wyfies grys vir dag kamofleering) en oor die broei proses.



Adam en al sy kinders (Foto LMH)
Daar ontmoet ons dan ook vir Adam en Eva, die broei paar en so te sê surrogate ouers vir al die broei eiers van die plaas. Hier word die klein oulike, geveerde voëltjies geleer hoe om volstruise te wees. Adam en Eva leer hul instink voordat hul dan na ander dele versprei word of verkoop word.

Ons het so baie geleer by die volstruisplaas, met feite en inligting dat ek amper voel of ek ‘n skool projek nou hier uittik, maar mens kan nie help om die vreemdheid en fantastiese neigings en natuur van hierdie groot voëls te bewonder nie. Eiers wat 24 hoender eiers ewenaar, wat as gekook 2 en half ure sou neem, wat die weerstand van ‘n man (en vrou) se gewig kan handhaaf, maar tog net ‘n klein pik van die kuikentjie vat om hom oop te breek.

Een ding weet ek wel, volstruise het lelike tone. Twee groot gevaarlike tone en toonnaels aan elke poot, en kan mens wel seer as nie dood skop. Maar hierdie is die mees bruikbare dier met 98% van hul in geheel weer werkbaar in die ekonomie. Vere, leer, vleis, bene, alles word verwerk, behalwe hul oë en die piepklein brein.

Maskara ogies (Foto LMH)
So ja, hierdie is vreemde voëls, maar hul is fantasties. ‘n Regte natuurlike waarneming en wonderwerk. Interesant en baie insiggewend. Ek sou ‘n toer by die Cango Ostrich Farm aan almal toewens. Jy kan baie leer, baie sien, volstruise voer, en die braaf kan selfs 'n massage van hul af kry. So wanneer jy weer in die hitte van die dag sit en wonder, gaan loer na die groot oog struisies van Cango, hulle sal jou dag maak!

Tot die volgende avontuur…


LMH