|
Op aankoms (Foto LM) |
Die internet sal vir jou verduidelik dat die Baviaanskloof presies 129.5km weg van Port Elizabeth af is. Vir my is
die distansie anders gemeet – wanneer jy deur Patensie ry, verby die landerye
vol sitrusbome, die reuk van lemoen jou neus prikkel, en omtrent so 1km na die
laaste boord jy heeltemal sein op jou selfoon verloor – DIS wanneer jy weet jy
is in die Baviaanskloof.
Die
naam self, Baviaanskloof, kom vanuit die Duitse vertaling Vallei van die
Bobbejane... Hiermee kan mens nie stry. Hulle is vollop, en mens hoor hul growwe
stemme weergalm in die kloof se kranse. Gelukkig vermy hul vir die meeste
mense, dis maar net die reuk van Loskop kampers se kos wat hul lok.
|
Uitleg en uitsig va ons kamparea (Fotos LM / JDL) |
Bruintjieskraal
is aan die oewer van die Grootrivier Poort wat by die ingang van die wildernis
area van die Kloof (soos ons cool mense na dit verwys) is. Dit is omtrent so
8km op die grondpad, maar kan darem met ‘n normale voertuig bereik word en is
dit nie nodig vir 4x4 nie. Alhoewel, vir die wat al ooit saam met my gan kamp
het – weet dat ek letterlik alles behalwe die kombuiswasbak in sal pak –
gelukkig in die geval, want Bruintjieskaal se kampeerterrein bied by elke staan
plek ‘n gerieflike “kombuis” met tafels en wasbak onder dak. Sodra jy jou
goedjies uitgepak het, jou solar liggies in geprop het, voel dit heel gerieflik
teen die tyd jy jou eerste verversing skink.
|
Die locals (Fotos LM) |
Ons
kamp staanplek was mooi tussen die kloof en die grondpad (net soos my siel),
alhoewel mens die karre kon hoor verby ry, pla dit nie, dis immers net een elke
klomp uur of so. Die gedruis van die lopende rivier koel jou af, en berustig
jou op die selfde tyd. Jy hoor hoe suis die water oor die mini-rapids en in die
hitte van die dag maak dit mens darem rustiger.
Elke
kamp is ook gerig met ‘n toilet en stort wat water vanuit die Grootrivier pomp.
En as die oortuiging dat daar moontlik ‘n slang tussen die pragtige
klipstruktuur vir jou loer jou nie pla, kan jy heerlik met die deure oop stort en
jou eie semi-Tarzan style moment hê.
|
(Foto EDPVE) |
Neem ‘n
gazebo saam! Dis my raad vir die hitte! Ys kan gekoop word by die ontvangsarea,
asook hout. Maar in die hitte van die kloof wil mens nie vuur maak of beweeg
nie. En gaan swem in die rivier. Trek jou kostuum (en jou groot mens broekie
aan) en “take the plunge”! Dis heerlik, afkoelend en verbasend diep op sekere
plekke. Die kloof omsingel jou as jy in die rivier rond dryf. Met bome na
links, ‘n stroom na regs, die kloof agter jou en die verlate kampterrein voor
jou. Al wat jy hoor is voëls wat nes maak op die rivier bed, vêr verlate skape
wat blêr en jou vriend wat skree, “Iets het aan my voet gevat!”
|
Staproetes is 'n moet (Fotos LM) |
Die
Kloof is ook ‘n hiker se droom. Daar is eindelose stap roetes, klouterkranse en
voetpadjies. Omsingelende klowe om jou aan te bewonder, random plaasdiere en ‘n
haastige skilpad ook. Mens kan nie genoeg rond kyk nie. Op na bo na ‘n visarend
at nes maak, af na onder vir nog ‘n stroom water om oor te kruis. Die stof sit
styf teen jou tekkies, en al drip die sweet jou effens af, voel jy met elke
tree meer vervris. Dis amazing. Eintlik moeilik om te bewoord…
Buintjieskraal
is die perfekte wegbreek. Vêr genoeg van die stad om jou siel te recharge, maar
naby genoeg dat jy steeds vrydagmiddag na werk kan pak en deurry vir ‘n naweek.
So leen ‘n tent, koop ‘n paar marshmellows, pak jou stap skoene en gaan
ontspan. Onthou net jou Peaceful Sleep en toiletpapier!
Vir
meer inligting oor Bruintjieskraal, besoek hul webblad: https://www.bruintjieskraal.co.za/
Tot
ons volgende avontuur,
LM