Wednesday, February 14, 2018

Hotel Portao Diaz - Mosselbaai - Ons Afrika Nagrus

Asemrowende uitsigte (Foto LMH)
Met die Mosselbaaieiland in sig en 'n uitsig oor die hawe, pruik Hotel Portao Diaz bo Mosselbaai uit en is 'n volslae diamant van Hope Town. Met die “true African Experience” wat hul aanbied is hierdie die plek waar talle uitlanders hul bevind, en locals dalk nie eens bewus is van hierdie gem nie. Grondpad Dromers het gaan uitvind wat die hotel behels en 'n nuwe avontuur is gebore...

Hotel Portao Diaz is 'n behoorlike flashback – flashy backpackers – en was in Desember 2017 aangewys met 500% groei! Duidelik doen hul iets reg, en ons by Grondpad Dromers stem 500% saam! 

Hotel Portao Diaz het in 1969 ontstaan en vinnig naam gemaak as die enigste hotel in die area wat nie-blankes ook toegelaat het in die apartheids era. Met mure vol fotos van toeka tot nou kan jy sien hoe diep gegrond die hotel in die gemeenskap is, en die trots wat daarby gepaart gaan. Baie mense wie se ouers in die apartheidsjare daar getrou het, kom steeds terug om die tradisie te volhou.

Maar moenie dink dat hierdie hotel 'n outydse styl het net oordat hul trots op hul geskiedenis is nie. Die restaurant afdeling is stylvol, met goeie interior design beginsels. Stylvol, modern maar steeds gemaklik. Hier kan jy rustig sit en koerant lees op 'n leersitplek, met die uitsig van Mosselbaai voor jou. Of sit terug by die swembad area met lanterne wat die nag verlig. Lus vir verversing, 'n in-house kroeg is gerieflik vir 'n koue bier op 'n warm dag, of 'n night-cap voor jy insluimer.

            

Braai area (foto LMH)
Daar is ook 'n informele braai area, met 'n behoorlike pit-boma vir bonfires, gepas met sitplekke en koffietafels gemaak uit ou (wine)barrels. 'n Uitmuntige mural van drie Khoi-san mans pronk groot teen die muur. En dis juis in hierdie gemak waar jy 'n bo-base ontbyt kan geniet, maar ek vertel nou nou meer daaroor...


Die kamer uitlegte wissel soos per jou benodighede, backpacker, self-catering en hotel kamers. Almal uitgele met privaat badkamers, DSTV, roomservice en nog meer. Met 'n inhuis kombuis is daar menu geregte tot jou begunsel en kan jy daarvat benut tot 22h00. En as jy net lus het vir 'n smul lekker pizza, is Starz Pizza om die draai en lewer hul boonop af!

Die self-sorg eenhede (kamers genaamd soos Ibhayi, Imbali ens) het ook 'n tiepe van 'n rec-room, waar jy gemaklik kan sit en TV kyk, games speel, of 'n boek lees vanuit die slim geplaaste houtleer rak. Die palet banke, bierbottel ligte, en strooisak gordyne is soos iets direk vanuit Pinterest – en ons love dit! Die kombuis vir die selfsorg eenhede het ook 'n yskas, twee plaat stofie en die coolste wasbak – 'n modified ou zink emmer met werkende plumbing.

  

By die agterdeur uit is daar ook 'n werkbare groentetuin, baie kuns werke, insluitende 'n steampunk haai (gepas vir Mosselbaai – die great white capital van SA), en hammocks. As jy nog nooit in 'n hammock gele en ontspan het nie, mis jy uit, dis drooms! Soos feitelik alles anders wat Hotel Portao Diaz jou bied. 

Met soveel gastehuise in en om Mosselbaai wat fokus op die strand en nautical tema, is die volslae Suid-Afrikaanse tema vervrissend en duidelik trots. Hotel Portau Diaz se ontbyt is een vir die boeke, 'n buffet styl ontbyt met egte Suid-Afrikaanse disse. Om net 'n paar te noem: bacon sosasties, volstruis sosaties, skilpadjies (lewertjies en netvet), walkie-talkies (hoendervoete), chakalaka hoenderlewers, boerebone en nog meer, alles gekroon met 'n lekker boeretroos (moer-koffie).

           

Portao Diaz gaan ook een stap verder om die Suid Afrikaanse kultuur te volhou: Met groep bespreking, 6 mense of meer, kan jy by die lapa area bederf word met tradisionele gumboot dansers en Xhosa dansers. Juis hoekom hierdie 'n cultural hotel is en nie jou standaard boutique hotelletjie nie.

Hotel Portao Diaz dra trots 'n drie-ster gradeering van die Toerismegradeeringsraad van Suid-Afrika, en is 'n gewilde lysing op Trip Advisor. En ons hier by Grondpad Dromers beveel hul sterk aan, hul sien ons definitief weer!

  

Besoek gerus hul FB blad, webtuiste of kontak 044 693 0050 vir jul bespreking.


Tot ons volgende avontuur...

(Fotos deur LMH)