Tuesday, June 13, 2017

Tradouw Pass - Die pad van alwyn prag

Tradouw Pass (Foto LMH)
Die Tradouw Pass (R324) is 'n 16km geteerde pad wat Swellendam en Barrydale koppel. Die naam Tradouw het ontstaan uit die ou Khoi taal en beteken, rofweg vertaal 'Die pad van die Vrouens'.


Hierdie is werklik een van die mooiste passe wat ek al gery het op ons avonture. Die draaie is haarfyn, maar mooi, met gereelde aftrek plekkies oral teen sy ruggraat op. Daar is baie vars water watervaleltjies wat reg teen die teerpad loop en kan mens stop by Piekniekbos of Drupkelder om die prag van die area mooier te bekyk.

Daar is selfs op plekke geute opgerig om die vars water te begelei sodat jy self jou bottle kan volmaak, met vars, yskoue bergwater, direk van die spruit.

Die pas is in 1873 al geopen, en toe vanaf 1974 - 1980 herbou, om die hele pass te teer en mooier te maak, hoe... hul het volgens SA Mountain Passes, meer as 4000 alwyne geplant en 2500 bome, iets wat vandag baie mooi vertoon soos jy deur die klowe ry.

Watervalle en spruite op die Tradouw Pass (Fotos LMH)
By ver een van die mooiste passe om te ry, en die gemaklikste van baie. (Al bly die Outenqiua Pas my gunsteling, omdat ek aan haar voet bly!)

Ry veilig, tot ons volgende avontuur!

LMH

No comments:

Post a Comment