Thursday, January 11, 2018

Op Wit & Swart – My Lemur Ervaring – Cango Wildlife Ranch (Oudtshoorn)


Cango Wildlife Ranch op Oudtshoorn is vining besig om een van my gunsteling plekke te word, die atmosfeer is altyd lekker, en elke keer as ek daar kom, leer ek iets nuuts. Hul fasiliteit se uitleg maak vir ‘n lekker avontuur en kan jy jouself ure lank hier geniet.

Hierdie keer het ons besluit om ‘n Animal Encounter te doen. Alhoewel daar ope lug aktiwiteite is wat gratis is, soos die voëltjies voer met nektar, tussen die wallabies deurloop en natuurlik die flying foxes (dis nou massiewe vlermuise) – kan mens ook encounters doen teen ‘n fooi wat vir die bewaring van diere bydra. Hierdie wissel van duik met krokodille, interaksie met slange en ‘n tegu (die grootste akkedis spesie op aarde), sowel as jagluiperd (cheetah) en serval ervarings.

(Lees hier meer oor die ervarings aangebied: https://www.cango.co.za/pages/unique-attractions/)


Swart & wit lemur (Foto: Cango)
Ons het besluit op die oulike wit en swart primate wat die liedjie “I like to Move it, Move It” in die fliek Madagascar in ons koppe laas vashak het – ‘n interaktiewe lemur ervaring!

Cango Wildlife Ranch spog op hul webtuiste dat hul die eerste in Suid Afrika is wat hierdie interaktiewe lemur ervaring aanbied, en met goeie reg. Die lemur area is finominaal. Met groot plantegroei om die Madagaskar bos uit te beeld, ‘n klein bruggie en self ‘n minatuur waterval. Op aankoms word jy goed ingelig deur die vriendelike vrywilligers oor die veiligheid van nie net jouself nie, maar asook die diere. Hierdie bevestig die bewarings belofte wat Cango Wildlife op strewe, die belang van die diere kom eerste. Saniteering van skoene en hande, reëls, regulasies en basiese inligting word aan jou verduidelik.

Lekker klim en klouter (Foto: Cango)
Cango Wildlife Ranch het drie spesies van lemurs wat hul aanhou: ringsterte, wit en swart ruffs asook die bruin lemur.  En hoewel al drie spesies opelik tussen jou deur loop en klouter, kom sit die wit en swart lemurs vrylik op jou skoot, selfs jou kop, om heerlike vars vrugte bederfies te kry en te pronk vir die kamera. (Vrywilligers neem fotos van elke ervaring wat teen billike prys dan by die kiosk gekoop kan word, of self gedruk kan word op enige iets van papier tot handsak of t-hemp).

Elke person was op beurt toegelaat om te sit dat die lemurs jou benader, en met my beurt, en eerste aanraking, was ek verlief op die oranje ogies en klein sagte handjies van die lemurs. So mooi diertjie met sy wit en swart pels en klein mond, wat heerlik smul aan vars vrugte. Dis is met hartseer dat mens hoor hul word juis vir hul pels en pootjies uitgebuit en daarom is dit belangrik dat die bewaring van die spesies behou word deur plekke soos Cango Wildlife Ranch wat ook saam met die Madagascar Fauna Group werk.

Die inligting aan ons vrylik geoffer oor die wit en swart lemurs was nie net interesant nie, maar ook baie insiggewend. Die vrywilligers jaag jou nie aan nie, en dis gemaklik om vrae te vra terwyl jy jouself met die lemurs geniet. Nêrens sal mens ooit so geleentheid kry nie, en jy kan nie help om te glimlag met die uitloop nie. Hierdie klein primate kruip dadelik in jou hart in!

Die lemur encounter kos tans R230 en is die moeite werd. Cango Wildlife Ranch het ‘n goeie prys op jaarlikse toegang kaartjies, en kan ‘n mens gerus hierdie pakket neem, al besoek jy die ranch slegs twee of drie keer ‘n jaar, is dit die beste besparing opsie.

Volgende keer waag ons dalk net die waters met die krokodille…. Miskien.

Tot ‘n volgende avontuur….

LMH

No comments:

Post a Comment