Monday, January 9, 2017

Amazing Aarbeie - Redberry Strawberry Farm

Aarbeie by Redberry Farm (Foto LMH)
Al is ek alergies vir aarbeie, wou ek die kans om my eie te pluk nie misloop nie, my man sou tog gunstig dit geniet! En bly is ek dat ons gegaan het - die Redberry Strawberry Plaas op Geelhoutboom Straat naby die George lughawe is waarlik 'n belewenis wat almal moet ervaar!

As jy rigting beneuk is soos ek, en jy't sniffer insigte, kan mens amper die plaas uitruik, dit ruik soos vars aarbeie met room, of daardie aarbeie shampoo wat mens altyd in gaste huise sien. Daar is velde vol bloedrooi bessies wat gewag om gepluk te word en vir slegs R30 'n bakkie is dit 'n bargain wat jy nie by jou supermark sal kry nie.

Miniatuur Trein (Foto LMH)
Die pluk is in velde van aarbeie waar jy self kies watter jy sal wil pluk en geniet, dit neem 'n tydjie maar is die moeite werd, die natuur is beeldskoon en met 'n miniatuur treintjie wat stoomloos deur die landery pronk vol kindertjies kan mens jouself net geniet.

Die Redberry Farm het ook 'n Strawberry Maze, wat ons graag sal wil doen, maar op hierdie spesieke dag was dit bloedig warm en het ek nie kans gesien om die grootste maze in die Suidelike halfrond aan te durf nie. Definitief nie sonder 'n sonhoed en sonskerm nie, maar ons sal wel volgende keer aandurf.

Daar is ook 'n oulike plaaserige winkel waar jy enige strawberry verbonde verversing kan aankoop en ook die restaurant benut, waar hul alles met 'n aarbei bedien!

Hul het verskeie goed om jou besig te hou meer en kan jul gerus loer op hul webblad: http://www.redberryfarm.co.za/

Ek was inderdaad baie verras met hoe baie ek die aarbei plaas geniet het en kan nie wag om weer te gaan nie. Al kon ek nie die vrugte van ons arbeid eet nie, het ek wel die pluk geniet!
Want 'n grondpad verstrooi met aarbeie is asemrowend mooi...

Geniet jul bessie avonture in 2017!

LMH

No comments:

Post a Comment