Wednesday, April 10, 2019

Addo Wildlife - Insiggewend met 'n tikkie oulik!



Uile by Addo Wildlife (Foto LM)
Net buite die klein dorpie van Addo kan jy Addo Wildlife vind, waar hul 'n glans restaurant, verskeie akkommodasie geriewe en ook 'n dieresentrum met verskeie voëls, slange, en 'n heerlike avontuur bied.

Na 'n lekker ontbyt by Tangelo, waar die staff so vriendlik is jy wil heeldag sit en gesels, het ons deur die sentrum geloop om die diertjies te verken. Ek moet bieg, van buite lyk die sentrum nie baie indrukwekkend nie, maar eers binne voel jy kompleet of jy in 'n ander wêreld intree. Met groot palms en tuine wat die atmosfeer van 'n ampere reënwoud skep, en die geluid van voëls, alles van Macaws en papegaaie voel dit asof jy erens anders as langs die teerpad slegs 70km va Port Elizabeth af is.

Een van my gunsteling diere is uile, en hier kan jy baie verskeie spesies van naby bekyk. Daar is iets baie majestieus aan uile. So ook die Goshawks wat ook hier gesien kan word.

Muisvoël (Foto LM)
My nuwe maatjie (Foto LM)
Daar is 'n groot aviary, waar jy kan ingaan en rond beweeg tussen die voëltjies. En hier, verbasend genoeg, sal die maker spesie sommer op jou kop of skouer kom sit. Ek het meeste van my tyd hier spandeer, en my hart verloor op 'n klein muisvoël wat my nie wou uitlos. Die Afrika voëltjie word slegs 30cm lank van kop tot stert en weeg slegs 50-70 gram. Hul is so genoem oor hul vaal kleur en hop hop gewoonte tussen takkies en bome.



Almal leer iets by Addo Wildlife (Foto LM)
Addo Wildlife het 'n groot verskeidenheid diere (sien vol lys hieronder) met ook 'n petting zoo stelling waar jy hoenders, marmotte, bokkies en meerkatte van nader kan sien. Die krokodille en anaconda vorm vir goeie rede nie deel van die geleentheid nie. (Lag vir haar eie grap.) Maar as jy gelukkig is kan jy wel 'n paar spesie slange van nader bekyk of selfs van die kleinder akkedisse.

Ek sal beslis weer na hierdie sentrum gaan, al is dit net om vir my muisvoël maatjie te gaan kuier. Definitief die trippie werd, en beslis baie insiggewend.

Maccaws (Foto LM)
Besoek gerus hul webblad: www.addowildlife.com/wildlife-centre/

Hul is oop 7 dae 'n week vanaf 08h00 - 17h00
Kostes is R70 per person (R40 vir pensionarisse / kinders onder 13)
Hiermee lys van al die diertjies wat jy hier sal kan sien (soos op hul webblad):
Snakes: Red-tailed Boa Constrictor, Carpet Python, Corn Rat Snake Hybrid, Grey Rat Snake, Honduran Milk Snake, Snow Corn, Black Albino Rat Snake, Corn Snake , California, King Snake, Yellow Anaconda’s
Reptiles: African Fat Tailed Gecko’s, Rock Monitor Lizard, Nile Crocodiles

Parrots: Cape Parrot, Lovebirds, African Grey, Galah’s, Brown Headed, Senegal, Ruppel’s, Meyer’s, Eclectus

Macaws: Scarlet, Greenwing , Military, Red Fronted, Blue and Gold

Raptors: Cape Eagle Owl, Spotted Eagle Owl, Barn Owl, Bengal Eagle Owl, Rock Kestrel, Verreaux’s Eagle, Lanner Falcon, Steppe Buzard, Yellow Billed Kite, Pale Chanting Goshawk

Cats: African Wild Cat, Caracal

Antelopes: Blue Duiker

Monkeys: Marmosets

Squirrels: Red Bush Squirrel, Gouldian Finches, Suricate

Touch Farm: Turkeys, Chickens, Rabbits, Guinea Pigs, Dwarf Goats, Ducks, Geese, Black Swans

Tot my volgende avontuur…
Met vere in my hare....
LM

No comments:

Post a Comment