Wednesday, April 10, 2019

Stukkie Hemel in die Addo Distrik - Avoca

Die perfekte Avoca dag (Foto LM)
Op 'n grondpad naby Kirkwood en Addo, tussen sitrusoorde en rivierbeddens kan jy jouself herlaai en die stilte geniet.  Wanneer 'n klein wegbreek benodig word, en die natuur roep na jou siel, is een van my gunsteling plekke Avoca River Cabins. 

Avoca offer verskeie verblyf opsies van modderhutte, na luukse kajuite en B&B opsies. Wanneer jy met aankoms gegroet word deur vriendelike staff en die reuk van rose al langs hul ingang af, kan mens nie meer as om te begin ontspan nie. 
Ontspan langs di erivier (Foto LM)

Avoca offer 'n stil, eenvoudige wegbreek, waar jy 'n rustige vuur kan aansteek, glasie wyn kan klink, met die rivierbed in oogopsig. Jy kan met canoes by die rivier af gaan, om jouself in die mooi natuurlandskap te verloor, of selfs 'n tick op jou Bucket List sit en inspring. Die rivier is diep, koelirig maar vervrissend, veral in die hitte van die dag. Vir die wat nie so avontuurlustig is nie, is daar ook 'n swembad.

Soos lente in herfs, blomme oorheers (Foto LM)
Vir natuurliefhebbers en plantkenners, is daar baie blomme en plante wat die skilderyagtige landskap inkleur. Hier en daar is daar iets wat dalk bietjie aandag benodig soos 'n deur wat vashak (al het dit ons almal eindelose giggelsessies gegee), maar na 'n lekker gesprek met die bestuurders het hul ons ingelig oor die toekomstige opgraderings van bai evan die verblyf opsies. Met 'n naweek wat vol bespreek was, kan mens nie betwyfel dat hierdie 'n wen bestemming is nie. 

Ek het jare terug die klein stukkie hemel ontdek en sedert ons eerste wegbreek daar amper 15 jaar terug en nou het dit baie gegroei en uitgebrei. Met 'n venue vir byeenkomste en troues, is hierdie definitief 'n sprokiesverhaal wegbreek bestemming. 

Die area bied ook baie avonture soos Addo Nasional Olifant Park, Addo Wildlife Ranch, natuur-uitstappies, visvang/hengel, Ziplining, en vele meer vir jonk en oud.

Na die wegbreek is mens vervris en voel mens hartseer om weer die teerpad huis toe te volg, maar Avoca sien my beslis weer gou!

Besoek gerus hul webblad: http://www.avocarivercabins.co.za/

Tot my volgende avontuur,
LM











No comments:

Post a Comment