Saturday, February 4, 2017

Feëtjieland op ons drimpel: Woodville Woud en sy Groot Boom

Ek is baie lief vir die natuur en alles daarin, diere, plante en omgewing. Om die woude wat vlak teen die tuinroete lê te gaan verken maak my altyd glo in iets groter en op die selfde tyd voel ek of ek deel is van een van Dalene Matthee se bosboeke of ‘n tiepe van feëtjie land.  
Big Tree aanwysing (Foto LMH)

Wanneer ‘n mens die pad na Hoekwill neem naby Wildernis kom mens by Woodville uit. Woodville is deel van SanParks en spog met sy eie groot boom. Die stap na die Grootboom wys klein piekniek areas waar mens kan afsluit van die stad se geraas en spoed en stadig wegsluimer in die natuur, met voël klanke en die sagte gesuis van ‘n briesie deur die blare van die hoë bome om jou. 

Woodville Groot Boom (Foto LMH)
Die Woodville Groot Boom is ‘n geelhoutboom, waarskynlik al 850 jaar oud en pronk soos ‘n groot trots slegs 800m van die parkeer terein. Die Podocarpus Falcatus soos die naam bord wys, staan 33m hoog met sy takke en blare ‘n 34m kroon bo-oor die woud se kapsel. Die boom dra steeds vrug wat deur vlermuise, voëls en bosvarke geeet word. Voëls maak nes in die aktiewe kroon van die boom en word hierdie geelhout soos ander deur die Nationale Boswet beskerm en kan nie soos ander bome van vroër jare gebruik word vir meubels en seilskepe nie.

Hier kan mens figuurlik verdwaal in die mooiheid van di die woud, maar gelukkig nie letterlik nie. Voetpaaitjies is duidelik uitgemerk vir ‘n sirkel staptog van 2km deur die bos wat omtrent 60 minute neem as jy rustig stap. Ons natuurlik het amper twee ure gestap omdat ek en my kamera amper elke wilde sampioen of krullende varingblaar wou afneem. 

Prag varings (Foto LMH)
Daar is baie mense wat die roete ook stap en kort kort is iemand verby ons. ‘n Groep buitelandse toeriste het so draft sap verby ons gekom, koppe gebuig om hul voete dop te hou en te kyk waar hul loop, en ek moes myself keer om nie agter na te skree: “kyk op! kyk wat jul mis!” Maar vir hul is die stappie net nog iets om oor te gan spog by hul families om te sê hul het dit gedoen, maar wie gee om as jy nie eers na die mooiheid van die woud oplet nie.  

Die bome vorm ‘n tiepe van ‘n kap bo jou en kan mens die blou lug hier en daar gewaar, asof die bome jou self van die buitelig beskerm.  Mens voel opreg op jy in feetjieland is, met hordes verskeie sampoeine en paddastoele waarop die feëtjies kan sit en rus, en uitgeholde bome wat kabouters kan huisves, strome riviertjies wat koelheid bied en hoë bome met dik varings waar diere in kan wegskuil. Die woud maak mens rustig en is die beste terapie wat natuur kan offer.

Verskeie wilde sampioene en paddastoele spog in die woud (Fotos: LMH)
Die Woodville woud se stappie na hul Grootboom is die moeite werd en sale k dit aan bevel aan almal. Breek weg van die “hussle and busle” van die stad en gaan verloor jouself in die woud. Dit is goed vir jou siel.

So, trek jou stapskoene aan en geniet dit!

Tot ons volgende avontuur…
LMH


No comments:

Post a Comment