Thursday, February 2, 2017

Moderne Meerminne: Wateroefeing Klasse op Groot Brak

As dit kom by oefen is ek nie altyd voor in die ry nie, en verkies ek ‘n rustiger vorm van fiksheid. Toe ek hoor van Groot Brak Aqua Aerobics was ek nogals nuuskierig, want waterfiksheid is soos swem, en in die hitte van die Tuinroete is niks lekkerder as ‘n swembad nie.

Carrie van Wyk, stigter van Groot Brak Aqua Aerobics, het my vriendelik by haar voordeur verwelkom toe ek in die hitte van die dag by hul kleinhoewe op die R102 by die Jonqua afdraai opdaag. Niksvermoedend wou ek in hul pragtige, diep steen-swembad spring, maar het ek myself in toom gehou en haar begin uitvrae oor die ideë van die klasse. 

Klasse met die beste uitsig (Foto LMH)
Toe Carrie hul eerste seun verwag het sy die kwalifikasie gedoen om hierdie klasse aan te bied, kort daarna is haar tweede seun ook gebore en daarna het die bou van hul familie huis op die kleinhoewe belangriker gevoel. Maar nou, met die huis gevestig, die seuns rustig en die kalmte van die Outeniqua voor haar stoep, het sy besluit om dit volstoom aan te durf en die klasse aan ander te offer. Jy kan in haar stemtoon hoor hoe passievol sy is terwyl sy my vertel van haar planne om later ook lidmaat van die Water & Fitness Association te word.

‘n Groep dames arriveer en ons almal gesels asof ons mekaar langer as net 10 minute ken. Daar word gelag, gegiggel en sonder enige ongemaklikeheid is almal reg vir die swembad. Ek vra uit oor die idee van fiksheid in ‘n swembad en Carrie antwoord met ‘n glimlag, “Even in the pool you can work up a sweat, if done correctly.” 

Die atmosfeer is so asemrowend soos die uitsig. Die 2m diep swembad biet gemaklike dryfvermoë, en poolnoodles vervang die ideë van handgewigte. Klasse is een uur lank, met ‘n warm up and cool down, soos Carrie verduidelik.

Lekkerste lekker! (Foto LMH)
Met gym fooie tans so hoog, was ek verbaas dat Carrie se klasse slegs R20 per les of R150 vir ‘n maand is. Met klasse elke Dinsdag en Donderdag oggend (10h00 of 11h00). En die eerste klas is nog boonop verniet! Besprekings is wel nodig en kan jy haar kontak op 082 718 5421 of epos grootbrakaqua@gmail.com

Carrie skep ‘n atmosfeer waar jy oefen en fiks word sonder dat jy eintelik dit agterkom, mens lag en speel en voel nie asof jy deur ‘n weermaggeneraal gedril word nie. Hierdie is die lekkerste tiepe fiksheid oefeninge en ek sal die Groot Brak Aqua Aerobics klasse aan almal voorstel. Jonk, oud, groot, klein, dis vir elke vrou! So volgende keer as jy die Cadbury slab van R14, of die Coke van R15 wil aanskaf, onthou dat jy vir slegs R20 ‘n waterklas kan neem en jouself meer kan geniet as net op die bank lê.

Splish, splash en my storie is weg, ek hoop om almal by die klasse te sien!

Tot ons volgende avontuur,
LMH


No comments:

Post a Comment