Thursday, February 2, 2017

Lekker lekker by Pili Pili op Sedgefield

Nie almal weet van Sedgefield se asemrowende strande nie, vir baie is hierdie dorpie slegs ‘n drive-through in die tuinroete. Dis ook hoekom min mense weet van die amazing restaurant wat snoesig in die duine van Sedgefield lê, en dis ook hoekom mens aangenaam verras is met hoe lekker hierdie gesellige, tongknopende restaurant, Pili Pili is.

Gesellig en gemaklik by Pili Pili op Sedgefield (Fotos LMH)
Pili, soos hul menu verduidelik is die Swahili word vir pepper, dus is hul naam letterlik Pepper Pepper, maar stem ek saam klink Pili Pili baie cooler. En met hierdie surf style, rustige restaurant moet mens cool voel.

Die vloer is seesand, en jy kan lekker jou tone in die sand krul terwyl jy aan een van hul cocktails sit en smul. Die boma braai en pizza oonde maak vir ‘n gesellige atmosfeer en is dit ‘n lekker kuier plekkie vir middagete, skemer kelkies of aandete. Hul bedien pizzas vars uit die buite pizza oonde en die kelners is baie vriendelik. Pizza is definitief hul forte en sal ek nie enige iets anders daar aanbeveel nie.

Muurskildery in Pili Pili (Foto LMH)
Pili Pili sit teen ‘n sandduin vlak by die see, maar is beskud teen wind en son, mens hoor darem wel die branders breek, al kan jy dit nie sien. Dit voel soos vakansie hier, of jy nou op ’n Desember vakansie besoek, of sommer net ‘n naweek se deurry het. Dit is die perfekte plek om te kuier, jou tone in die sand te druk, pizza te eet en te ontspan.

Besoek hul in Witsand, Sedgefield of kontak hul gerus deur Facebook, of hul webblad; www.pilipili.co.za

Hoop jul geniet die seesand tussen jul tone!

Tot ons volgende avontuur…

LMH

No comments:

Post a Comment